Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
24 November 202225 November 2022

Hein Viljoen. winterliedjie

 

winterliedjie

 

in ʼn helder midwintersnag

is ʼn swart kindjie gebore

kaal takke roer in die ysblou lug

die gras lê vaal en wit bevrore

 

haar pa het haar kalmweg verstoot

haar ma skaars ouer as twaalf

het haar in doeke toegedraai

en neergelê in ʼn stormwaterkrip

 

toe die maan yl oor die straat skyn

het ʼn voetganger iets hoor huil, dalk ʼn kat

polisie, brandweer en ambulans gebel

skadu’s sien swel uit die swaai van die ligte

 

die brandweermanne snuiwe en hoes

hulle hande rooi van die koue

druppels sypel uit hulle neuse en koek

in hulle baard soos ryp op hulle wange

 

die noodwerkers grawe en spook

wikkel haar versigtig los uit die pyp

die kindjie word toegedraai in ʼn noodkombers

wat blink oor hulle moeë gesigte weerkaats

 

die liewe kindjie maal met haar arms

haar koppie blink in die spreilig

sy suig aan die hangertjie om haar nek

Jesus in goud al sopnat gekwyl

 

verdwaas drom mense om haar saam

die kindjie staar met groot, donker oë

diep in die ysige lig wat daag

oor Blikkiesdorp se geroeste sink.

 

© Hein Viljoen, 2022

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Hein Viljoen. Grendelstilte
Hein Viljoen. I.M. Breyten →

1e kommentaar op “Hein Viljoen. winterliedjie”

  1. Bernard Odendaal says:
    24 November 2022 at 23:24

    Treffend. Onthutsend.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d