Sirkelgang
na stilte
sal karmosyn triomfantelik
sy rooivlag wapper
wanneer nuutgevonde vlerke
skoenlapper
uit die papie breek
seile span teen die wind
‘n gevlerkte vind
saam die nektar drink
uit al die kelke
wat die nuwe lewe skink
sal geleerde wurms
‘n kruipende bestaan onthou
die selfverteer
verpulpte eiewaan
gesluk sluk
tot vlerke oop kon vou
‘n eksoskelet
vangnet
waarin wonders werk
denkbeeldige skyfies
met nuwe oë laat kyk
pote en vlerke sterk
kringloop
en beskwyk.
© Margaret Cordier, 2022
