Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
9 January 202325 March 2023

Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!

 

 

Siekte en siektetoestande is iewers deel van ons almal se lewens, nes die dood of liefde, wat dit eintlik ‘n baie ryk bron vir poësie maak. Tog het “mediese” poësie as tema in Afrikaans nog min aandag geniet en word daar relatief min gedigte daaroor geskryf. A.G. Visser was waarskynlik die eerste dokter-digter in Afrikaans, maar hy het min “dokter-gedigte” geskryf. Henk Rall wat onlangs oorlede is, het enkele “mediese” gedigte geskryf (sien Hendrik J. Botha se huldiging op “Versindaba”), en in Menno Stenvert se bundel “Vrugvlies” (1976) staan daar ongeveer 15 gedigte wat handel oor die mediese praktyk. Vandag is Gilbert Gibson en Hendrik J. Botha bekende dokters wat oor die mediese praktyk skryf. Elisabeth Eybers se bekende gedig “Röntgenfoto” is ʼn verdere voorbeeld wat aan die meeste lesers bekend behoort te wees.

Dit is interessant dat poësie met ʼn mediese tema in die Verenigde Koninkryk besonder baie aandag geniet. Die Hippocrates Foundation is in die VK gekoppel aan die British College of Medicine en hou jaarliks ‘n kongres en ʼn kompetisie vir gedigte oor mediese temas. In 2015 was die prysgeld ʼn verstommende 5 000 Pond! Die beste gedigte word dan deur die Foundation in ʼn bundel gepubliseer (soos die AVBOB-gedigte hier te lande wat oor dood, troos en liefde handel).

In navolging van die Hippocrates Foundation, loods “Versindaba” vanjaar ook ʼn kompetisie vir gedigte oor ‘n mediese tema wat oop is vir ALLE DIGTERS met die grootste (geborgde) prysgeld tot nog toe vir “Versindaba”, naamlik R3 000 vir die wengedig en R1 500 vir die naaswenner en vier troospryse van R300 elk vir verdienstelike gedigte.

Die doel is om ten minste 200 gedig-inskrywings in te kry waaruit ʼn seleksie gemaak sal word vir ʼn bundel met “mediese” gedigte. As die kompetisie ʼn sukses is, wil ons dit graag ʼn jaarlikse instelling maak.

Kompetisiereëls

  1. Elke digter mag SEWE gedigte inskryf.
  2. Publikasie van gedigte op “Versindaba” se tuisblad word nie gewaarborg nie.
  3. Wat opname in ʼn bundel betref, onderneem die digter om “Versindaba” toestemming te gee om die gekeurde gedig(te) verbatim of met minimale wysigings deur die digter op te neem sonder vergoeding vir die digter. Die bundel word nie met ʼn winsoogmerk uitgegee nie.
  4. Elke gedig word AFSONDERLIK as Word-aanhegsel ingestuur.
  5. Gedigte moet op ʼn Word-dokument in Arial-lettertipe (11-punt) verskyn in enkelspasiëring, links-gesentreerd en sonder spesiale effekte. Geen foto’s mag op die Word-dokument verskyn nie.
  6. Foto’s mag nie deel vorm van gedigte nie en sal slegs in hoogs uitsonderlike gevalle aanvaar word, addisioneel tot gedigte.
  7. Alle gedigte wat ingestuur word, moet die digter se eie werk wees en mag nog nie voorheen gepubliseer wees nie. Eiendomsreg moet soos volg onderaan die gedig verklaar word:                     © Digtersnaam, 2023
  8. Die kompetisie eindig om middernag, 15 April 2023.
  9. Gedigte word gestuur aan taljard.marlies@gmail.com

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

Opstelle ingewag oor “mediese poësie” →

4e gedagtes oor “Versindaba kompetisie: “Mediese” poësie. Wen R7 000+ in prysgeld!”

  1. Karen de Wet says:
    10 January 2023 at 14:16

    Sjoe, baie gedigte oor siektetoestande, en hele bundels ook – Doodsteek van ‘n diabeet (Hammond), Muur van berge (A Marais) o.a. As “Röntgenfoto” ‘n voorbeeld is, dan ook “Gesprek met ‘n oogarts” (P Müller)?
    Dalk begryp ek nie goed nie. Of daar onderskei word tussen “mediese poësie” en “dokter-gedigte” (dokter-digter gedigte oor siektetoestande of mediese ingrype?) en gedigte (ook deur nie-dokters nie, en nie noodwendig uit die pasient se perspektief nie) waarin besin word oor, of verslag gelewer word van, siektetoestande. Alles deel van die groter geheel en ingesluit by die tema?

    Reply
    1. Versindaba says:
      11 January 2023 at 08:25

      Ja, alles deel van die tema. Nie NET siektes nie – daarvan het ons in oorvloed. Medici wat skryf oor hulle praktyk en die wetenskaplike aspek (mediese wetenskap) is aspekte wat ek hoop ook aangespreek sal word vanuit verskeie perspektiewe. Ons wil nie nog ‘n Covid-bundel uitgee nie. Ons wil ook nie voorskriftelik wees en die tema klinies afbaken nie, maar kyk wat ons kry en wat ons daarmee kan doen. Ons definieer doelbewus vaag om ruimte te laat vir digters se kreatiwiteit. Die feit dat gedigte instroom, laat my dink digters is entoesiasties …
      (Ja, Mueller se gedig val ook binne die tema, sowel as baie ander wat ek nie genoem het nie.)

      Reply
  2. Niel Mostert says:
    9 January 2023 at 14:17

    Inskrywing of bloot opinie oor die konsep.Ek skryf graag in.

    Reply
    1. Versindaba says:
      9 January 2023 at 14:19

      ‘n Gedig oor die tema

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Joan Hambidge. The upturn palm
  • Albi Prinsloo. Verlossing
  • Retha van Deventer. ekwilibrium
  • Hennie Maartens. Water

Nuutste bydraes

  • Elmarie Nienaber Van Kampen. trapklip no 12
  • Nuwe bundel van Miel Vanstreels
  • Marthé McLoud. 31 Desember 1997
  • AVBOB Persverklaring
  • Digtersprofiel: Daniel Hugo

Nuutste kommentaar

  1. Rina Cascione on Nini Bennett. My Octopus Teacher5 December 2025

    'n Allerlieflike gedig oor 'n wonderlike dokumentêr. Dankie Nini! Jy het dit met soveel verbeelding vasgelê.

  2. Johan on Sanette Scheepers. Vrykoop5 December 2025

    Ek hou daarvan en ek verstaan die inhoud.

  3. Ben Nel on Andrea Sieberhagen. Ontsnapping5 December 2025

    Andrea, jy is ‘n rots Baie dankie vir jou bydrae tot die samelewing! Groete Ben

  4. Schalk Botha on Andrea Sieberhagen. Een helder ster4 December 2025

    Dis dalk nie die beste aand om hierdie impakvolle gedig te lees en te bedink nie; veral om uit ‘n…

  5. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Johann de Lange in Sunnyside en Pretoria.3 December 2025

    Ek geniet die artikelreeks oor Johann verskriklik baie. Baie interessant. Dankie daarvoor.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d