Jeremia se rympie vir genesing
in gilead is ‘n balsem
‘n soetgeur spesery
die hars ‘n gom
wat wonde heel kan kry
als
wat lewe gee
oom sarel se perskes
van kodling mot bevry
pluk ons die skoon vrug
wat onpeilbaar groei
wanneer sy olie
oor ons binnekant vloei.
© Margaret Cordier, 2023
