Robert Gernhardt. Vertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Robert Schall
Der Tag, an dem das verschwand
Am Tag, an dem das verschwand,
da war die uft vo Kagen.
Den Dichtern, ach, verschug es gatt
ihr Singen und ihr Sagen.
Nun gut. Sie haben sich gefasst.
Man sieht sie wieder schreiben.
Jedoch:
Soang das nicht wiederkehrt,
muß aes Fickwerk beiben.
*
Die dag waarop die verdwyn het
Die dag waarop die verdwyn het,
was dit ʼn groot geka!
Die digter, ag, kon nie meer dig nie.
(Dis iets wat digters pa.)
Toemaar. Die kakous het herste
en skryf weer toegewy.
Hoewe: Soank die ontbreek
moet aes apwerk by.
*
Die dag waarop die verdwyn het
Die dag waarop die verdwyn het,
was dit ʼn groot geka!
Die digter kan nie verder dig nie.
(Dis iets wat digters pa.)
Sy boek se titebad is Kaar,
maar hy is desperaat;
want kyk, soank die ontbreek
peeg hy mos pagiaat.
Bron: https://www.lyrikline.org/en/poems/der-tag-dem-das-verschwand-1219 (geraadpleeg 7 Februarie 2023)
