
Johann Wolfgang von Goethe. Vertaling uit Duits in Afrikaans deur Robert Schall
“Paaswandeling”
FAUST: Bevry van die ys is rivier en lope
deur die lente se milde, verkwikkende blik,
in die dal spruit nuwe hoop se geluk;
die gryse winter, oud en gebroke,
trek hom in ruwe berge terug.
Daarvandaan stuur hy in sy vlug
net nietige vlae ysreën in stroke
oor die eerste groen van die veld;
maar die son duld nié dat iets wit hom laat geld:
Oral roer nou skepping en wil
alles met helder kleure besiel;
maar blomme kom kort in die kontrei
tog word dit deur fleurige mense verfraai.
Draai nou hier om, op dié hoë plek,
en kyk wat uit die stad uit trek!
Uit die duister van sy poort
stroom ʼn kleurryke menigte voort.
Elkeen wil graag in die son paradeer.
Hulle vier die opstanding van ons Heer,
want hulle staan vandag sélf op:
Uit hul huisies, laag en beknop,
uit die drukking van dak en plafon,
uit die straat se gewoel en gedrom
uit die boeie van werk en gesag,
uit die kerk se eerwaardige nag,
het hulle almal lig toe gekom.
Kyk! hoe die skare, asof gedrewe,
deur die tuine en lande versprei,
hoe die rivier se waters ewe
besig jolige skuite karwei,
en oorlaai dat hy byna sink,
vertrek hierdie laaste boot se vrag.
Selfs op die verste bergpaadjies blink
mense se vrolike kleredrag.
Ek hoor reeds die dorpsgewemel.
Hiér is die volk se ware hemel.
Oud en jonk juig in die gees:
“Hier is ek mens, en mag dit wees!”
uit: Faust I, Toneel 2 “Voor die poort”
*
“Osterspaziergang”
FAUST. Vom Eise befreit sind Strom und Bäche
Durch des Frühlings holden, belebenden Blick,
Im Tale grünet Hoffnungsglück;
Der alte Winter in seiner Schwäche
Zog sich in rauhe Berge zurück.
Von dorther sendet er fliehend nur
Ohnmächtige Schauer körnigen Eises
In Streifen über die grünende Flur;
Aber die Sonne duldet kein Weißes:
Überall regt sich Bildung und Streben,
Alles will sie mit Farbe beleben;
Doch an Blumen fehlt‘s im Revier,
Sie nimmt geputzte Menschen dafür.
Kehre dich um, von diesen Höhen
Nach der Stadt zurückzusehen!
Aus dem hohlen, finstern Tor
Dringt ein buntes Gewimmel hervor.
Jeder sonnt sich heute so gern.
Sie feiern die Auferstehung des Herrn,
Denn sie sind selber auferstanden:
Aus niedriger Häuser dumpfen Gemächern,
Aus Handwerks- und Gewerbesbanden,
Aus dem Druck von Giebeln und Dächern,
Aus der Straßen quetschender Enge,
Aus der Kirchen ehrwürdiger Nacht
Sind sie alle ans Licht gebracht.
Sieh nur, sieh! wie behend sich die Menge
Durch die Gärten und Felder zerschlägt,
Wie der Fluss in Breit und Länge
So manchen lustigen Nachen bewegt,
Und bis zum Sinken überladen,
Entfernt sich dieser letzte Kahn.
Selbst von des Berges fernen Pfaden
Blinken uns farbige Kleider an.
Ich höre schon des Dorfs Getümmel.
Hier ist des Volkes wahrer Himmel.
Zufrieden jauchzet groß und klein:
“Hier bin ich Mensch, hier darf ich‘s sein!“
aus: Faust I, Szene 2 “Vor dem Tor”
Bronverwysing:
Goethe (1959). Die Grossen Dramen. Stuttgart: Europäischer Buchklub. (pp 188 – 189)

Pragtig!! Helder taal wat ‘n helder prentjie skilder – van mense wat maar net hul mensheid is wanneer die lente so helder deurbreek!!
Baie dankie, ek waardeer die reaksie baie,
Dit wil gedoen wees, dr. Schall! Lieflike passasie – ek wens die laaste reël was ons land se eerlike leuse.