Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 February 2023

Neil Cochrane. Sessie by tant Hessie

 

Sessie by tant Hessie

 

“Broer, hoe gaan dit nou met jou gemoed?”

 

Holderstebolder, liefste Tante, eerlikwaar,

veral smôrens is trawal en traan

graanvlokgewroeg

groen koring op my niemandsland

mandolientjiemalheid

vloekend verskree ek

die Ruiter in die Nag

sy boude ry swaar op my:

fee-fi-fo-fum

ek tap die bloed

van ’n weerlose man.

 

Laat ek vertel van my nuutste brousel

driemaandeliks aangepas

deur dok Piet van der Pil MMed (Psych)

proviand vir deurmekruis stowwe

in my kop, my verflenterde nerwe:

200 mg lamotrigien, 15 mg mirtasapien

’n paar diasepam vir die wis en onwis

10 mg propranolol vir my galoppende hart

’n stuk varklewer vir B-vitamien.

 

Miskien wil jy weet van my harmansdrupdae

seerspier en kraakskelet

swaar dra, al aan die een kant

na my bad van Betesda

teugend aan tee van wilde-als

katatonies ingedompel in my porseleinpoel

my lamsaklyf

sal nie weer opstaan.

 

Dalk iets oor dr. Paniek en mnr. Paranoia

skrikgedagtes van pangamans

jagend in inkswart Duitse sedans

weereens op my spore

my verbrande ledemate

en afgekapte kop

op blink skinkborde

in kluise van poeiermagnate

my skikgodinne hang

aan die hake van sindikate.

 

So, nou weet Tante genoeg

vir eers,

verneem gerus tog ook

na die welstand van ander vriende

met die Allerheiligste DSM-5-TR steeds naderby

ja, Tante, dié lys is so lank soos jou arm:

Sarie Mooirivier

(vra gerus uit oor haar PTSS)

Japie my Skapie, liewe Marthatjie, liefste Gertjie,

tant Alie wat so rondrits

(kyk onder persoonlikheidsversteurings)

oom Bossie

(suip hy nog so?)

Hansie Slim en die jollie bobbejaan

(beslis bipolêr, meen ek,

I, II of I gemeng of I ongespesifiseerd, sal ek nie kan sê)

en die meisie wat so voor die treine lê

op pad na Pretoria?

 

Net gou iets fluister

in jou goeie oor

vóór ek gaan:

jou witperd is maar bra sleg

en maak niks en fokkol reg.

 

 

© Neil Cochrane, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • AVBOB Persverklaring
  • Joan Hambidge. Cussons twee verse oor rose
  • Ferdi Wheeler. Mars
  • Willem M. Roggeman. Het wit van Roger Raveel
  • bevan boggenpoel. winter

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d