Chemolokaal
so sit ons
op rye gemakstoele
onder gifdrup
pypies uit sakkies
elk gevul
met ‘n ander mengsel
vir oorlewing
so ver verwyder
van gister is vandag
‘n onseker pad
die onkoloog
‘n doodskonsultant
met geen tyd prognose
slegs geloof
gesonde denke
en liefde
dra jou deur
© Francois de Jongh 2023