Parapraxis
My bed ‘n slagveld
met die wakkerword
oorspoel deur drome
na links ‘n asbak vol
met Freud se Psigopatologie
van die alledaagse lewe na regs
rekenaar afgeskakel
waaier aan/af beurtkrag
horlosie Mondaine glimmer
soos op ‘n stasie in Switserland
afwesig (jy) vergete geberg
net ‘n glip van die Mont Blanc
soos ‘n foon op speed dial
terug by jou ‘n vertrekkende
© Joan Hambidge, 2023
