landskap
met apologie aan Gert Vlok Nel
ek glo die is wolke ‘n enkele kwashaal: die maan
nader as die horison nog ‘n swak beligte dorp se kerkstraat
kerk ‘n paar rye huise teerpad
drankwinkel porra winkel kortpad
shabeen ompad
pad
voorgrond muur pad
straatlig
fokus
fokuspunt:
die slot
van ‘n gedig
© Eduan Naudé, 2023