Durban, 1970’s
daar is iets klandestien
vir ’n seun op ’n fiets
na middernag in ’n stad
ek was seker so vyftien
of eerder sestien miskien:
James Hadley Chase en
Mickey Spillane gelees
en snags hulle karakters
in stegies en strate gesien
borste en bene en rooilipgesigte
in kort rokkies onder yl ligte
waar gedaantes gluip uit donker hoeke
vir ’n seun op ‘n fiets in ‘n stad
lig die nag verlokkend haar sluier
en sluik geheime dieper as in boeke
© Hannes Visser, 2023