Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
7 September 2023

Hannes Visser. Besoek

 

Besoek

 

My eerste besoek aan L

was laatnag in ‘n polisiesel.

Die dominee het gebel:

Die pa van daai nuwe kinders in jou skool

is opgesluit  – sy vrou geslaan …

(Met dié aanmelding was Padre se plig gedaan)

 

Ons staan teenoor mekaar en hy maak verskoning

dat hy moeite is en ek hom so moet sien.

Sy gesig is bruin, sy hare en baard soos

liewe Jesus in stories en kinderbybels.

Sy oë is sag, soos sy stem

as hy op my vraag reageer:

 

Sy het ‘n demoon in haar gehad en

ek het gelees om ‘n demoon te verjaag

verg een harde hou op die krop van die maag.

Ek weet dit klink ekstreem, maar ek was

ter wille van die kinders genoodsaak

om haar rustig te maak.

 

Ons sit teenoor mekaar en vir sewe ure of meer

vertel hy van sy vrou se stryd met enigiets

wat sy in die hande kan kry om te drink.

Daardie dag was dit hoesstroop – drie bottels

gesteel by die plaaswinkel waar hulle ‘n huis huur.

Die vorige dag ‘n halfbottel gebedelde spirits.

 

Hy vertel van sy eie verslawing, maar dis goddank

voor hulle eersteling met rehabilitasie afgeweer.

Halftwee bring die polisiesersant koffie en beskuit

en sê my vrou het gebel om na my te verneem en

hy sal terugbel om te sê dit gaan nog ‘n rukkie neem.

(Op klein dorpies werk dinge só as jy skoolhoof is)

 

Ons staan teenoor mekaar en buite raak dit lig.

Hy neem my hand in beide van syne.

Dankie.

Ek vra of daar iets is wat ek vir hom kan doen.

Ja, bel asseblief my pa.

 

© Hannes Visser, 2023

 

 

 

Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Hannes Visser. Durban, 1970’s
Hannes Visser. Inventaris →

1e kommentaar op “Hannes Visser. Besoek”

  1. Jacobus Minnie says:
    14 September 2023 at 15:54

    Dis ñ baie mooi, hartseer gedig Hannes.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge
  • Krige Visser. Aantrekkende naak

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d