I
Briewe tussen mense is in die eerste instansie private kommunikasie. Hierom dan hewige reaksie wanneer dit gebundel word sonder toestemming. Dikwels gaan kontekste verlore. Briewe het bestaan voor e-posse. Briewe verseël en gepos.
By die rooi posbus op die hoek van die straat. ‘n Antwoord terug na jou private adres (of posbus).
Briewe van beroemdes is uiteraard al gepubliseer. Ons dink hier aan Antonia Fraser se bekende brieweboek wat heet Love Letters: An Anthology (Random House, 1977). Franz Kafka se Letters to Felice (Schocken Books, 1967, 1973), ene Felize Bauer, aan wie hy twee keer verloof was.
In Afrikaans is daar Hennie Aucamp se briewe Mits dese wil ek vir jou sê (Hemel & See, 2013), saamgestel deur Petrovna Metelerkamp en Heilna du Plooy se samestelling van briewe aan Elize Botha: Gespreksgenoot (Litera, 2017) waaroor daar polemiek was.
Aucamp wat in ‘n brief skryf aan Elize Botha: “Terwyl ek lees het ek weer só sterk ervaar hoe begunstig ek deur baie jare was, om in voeling te kon bly met jou werk en denke, hoe rigtend en inspirerend dit in my voortgewerk het”(633).
http://joanhambidge.blogspot.com/2017/09/resensie-elize-botha-gespreksgenoot-n_23.html Besoek 17 September 2023
In hierdie brief aan Botha, word dit ‘n besinning; meer as net ‘n brief aan ‘n vriendin.
In Indeks (Human & Rousseau, 2016) dig hierdie leser soos volg oor Aucamp met die lees van sy briewe en dagboeke:
Hennie Aucamp: Rust-mijn-ziel
“Solders spel verleefde tyd:
‘n argeologie van triestigheid.”
Iets van meerstemmigheid
het jy begryp as veelstemmer,
soms sotto voce, soms in diskant;
flâneur, lewensgenieter, bergklimmer …
‘n Doodskleed het geen sakke,
jou doodshemp hiermaals wel.
Nou word jy bloot storie: ‘n blootgelegde.
Voor my takserende, speurende blik
weeg ek af: wát bly oor van jou soene?
Die stilgemaakte stem of toegedrukte oog?
‘n Doodskleed het geen sakke,
jou doodshemp hiermaals wel.
Om stadig ryp te word vir ‘n slot,
soos jy iewers paslik beweer,
laat my dan vereers hierdie vers op ‘n rak
in ‘n melancholiese kelder van herdig.
‘n Doodskleed het geen sakke,
jou doodshemp hiermaals wel.
In my lykdig breek jy oop, ‘n helder granaat:
vlamme soos linte, linte soos vlamme.
II
‘tout à toi, Vincent’ (ever yours, Vincent)
Die briewe van die kunstenaar Vincent van Gogh kan hier gelees word:
https://www.vangoghmuseum.nl/en/art-and-stories/stories/all-stories/van-goghs-letters Besoek 17 September 2023
Die digter Michèle Betty dig soos volg oor die Van Gogh-briewe – dikwels vergesel met kunswerke – in haar bundel Dark Horse (Dryad Press, 2022).
Triptych II
I
A Caged Bird in Spring
after Vincent van Gogh’s letter to his brother Theo, July 1880
This spring dawn, a bird wavers, crestfallen
in a cage, waiting, wondering… Sensing
new nests of sticks, soil and feather, brooding,
a hatching of chicks among foliage,
yearning to flock-fly while circling the earth,
on pilgrimage spanning ocean flyways—
yet firmly behind bars, a prisoner.
Immured by poverty, deep malady
and other misfortune, its suffering
wholly unable to render hope, joy
or peace, the caged fledgling, considered now
an idler under a thunderous sky,
seeks moorage: my God, it cries, will it last
long, forever or for eternity?
*
Kodes hier is cage, behind bars, prisoner, misfortune, suffering.
II
An Artistic Addiction
after Vincent van Gogh’s letter to his brother Theo, January 1889
The pearl is the oyster’s sickness
– Gustave Flaubert
These pictures are costing me blood and brain:
debt and addiction, body for money,
friends and family are both judge and jury.
Hand clutching a cloth-wrapped ear—a self-inflicted
injury. As wretched hangovers
withdraw then wane, there cannot be any
reckoning for bloodstain. Now how am I
meant to attain amity when visions
only increase my misery? Am I
ruined, insane? Is recompense merely
an illusion? In the midst of this damned
mania I try to explain: despite
the alcohol, drugs and pain, I’m sorry—
these pearls, these pictures, are my blood, my brain.
*
Kodes hier is debt, addiction, judge, jury, injury, misery, damned.
In a Mood of Too Much Calm
after Vincent van Gogh’s letter to his mother and sister, July 1890
Yesterday, in a mood of too much calm,
from purple earth, a tilled and weeded ground,
lost among drifts of grass and pale blossom,
I yielded under stretches of dark skies.
And today I’m harried. Painting in rain,
kneeling in soft clover and fawn pasture,
a train crosses a white road to reveal
my unsteady step. Now, I’m bound to You.
To wield this constant yearning to be whole
and healed not a blighted burden, confounds
- On a rickety bed, my bruised mind
a battlefield, I lie spellbound, smoking
my pipe—recalling in this mood of calm
my gun-shot echoing through the wheat field.
*
Kodes hier is dark, unsteady, rickety, bruised, spellbound, gun-shot.
Die gedigte is verkennings en opsommings van sy briewe; dikwels geskryf in uiters emosionele tye.
Betty vang die essensie van sy vertroebeling op.
In “Insight into Exile” word sy die “ek” (“I”). Sy identifiseer dus met sy eensaamheid en ellende.
Insight into Exile
I arrived in Auvers in April, with
a grave pewter sky and an icy wind,
a yellow sun burning off the mild mist––
everywhere, almond trees planted in lines,
dark stumps with spring shoots yearning heavenward,
circling the gothic church and bell-tower,
following me along the Rue des Comptes
as I trace your steps to the cimetière.
But, in the courtyard at Auberge Ravoux,
under a warm sun, I must take a breath:
outside the staircase leading to your room,
pilgrims murmuring in hushed tones, I stare
at a singular almond tree, awash
in the tumultuous pink of blossoms.
“as I trace your steps to the cimetière” betrek ander gedigte in Dark Horse.
Trace – in Jacques Derrida se terme soos o.a. beskryf in Writing and difference – aktiveer die opposisie tussen aanwesigheid en afwesigheid. After (na ‘n gedig of brief) is eweneens ‘n spoor of trace vir die leser.
Trace: track, spoor, mark, path, afdruk.
Die digter loop in sy spore (letterlik met ‘n besoek aan sy ruimtes), maar ook deur sy kuns en briewe, word haar ervarings met syne gesinkopeer.
Die assosiasies is eindeloos (Derrida se différance of uitgestelde betekenis): elke gedig aktiveer ‘n ervaring of hier ‘n brief en ander digters wat oor die dood van die vader gedig het.
Vincent van Gogh (1853 – 1890) se pynlike einde word die einde van ander wat selfdood gepleeg het, soos die digter se vader. Pynlike ballingskap. Julian de Wette skryf ‘n bundel wat heet Verban: verbinne (1980), te wete dat die verbanning na binne (of eensaamheid) die pynlikste “exile” is.
Van Gogh sterf jonk (soos die digter Betty se vader) en word eers beroemd ná sy dood. Sy lewe was een van troebel geestesongesteldheid, besoeke aan inrigtings en armoede.
Betty beweeg wég van die geykte sieninge van die skilder of digter as gepynigde mens. Haar gedigte navigeer al die verliese; ook haar én ander se ervarings van die vader, ‘n verwonde mens.
In die inkantiewe gedig “L’infra-ordinaire” onthou sy hoe die vader (die habibe oftewel liefling in Arabies) gedobbel het en die moeder die skuld moes afbetaal. Ook die motto’s uit John Berryman (1914 – 1972) begelei die ellende van selfdood. Johann de Lange gebruik eweneens Berryman in sy gedigte in Vaarwel, my effens bevlekte held (Human & Rousseau, 2012) om die selfdood van sý vader te probeer begryp:
Skielik skemer
– What happen then, Mr Bones?
– I had a most marvellous piece of luck. I died.
John Berryman
Hoe dikwels het jy nie deur jou kantoorvenster
na die brug gestaar nie. Gewonder of dit jou weg
kon vat. Soos Hart Crane oor die relings
van die ss. Orizaba & in sy vaar-
waters in. Hy het glo sterk & doelgerig wéggeswem,
sy skoene netjies op die dek.
Art Hitman, skryn-
werker op kampus het jou op die brugreling sien sit,
met ‘n streep weg & teen die grein,
voor jy sonder terugkyk vooroor gekantel het
om buite sig skipbreuk te ly, die grys beton te vlek.
Uitgeken net aan jou bril & ‘n blanko tjek.
Jou laaste gedig is sonder slot: ‘n eerste weergawe
van jou dood wat jy op jou lessenaar vir Kate wou los
om te lees. Ten slotte trek jy ‘n laag-
waterlyn daardeur & smyt dit in die snippermandjie vir Kate
om op af te kom. Maar toe was jy al oor die muur
& water onder die brug. Vaarwel, my effens bevlekte held.
http://joanhambidge.blogspot.com/search?q=john+berryman Besoek 21 September 20223
Van Gogh word ‘n objective correlative waarteen sy haar eie dwingende, pynlike emosies plaas. Behendig en met vaardigheid is Dark horse geskryf met boeiende verwysings na ‘n donker geskiedenis. Die digkuns ook as ‘n dobbelspel …
‘n Argeologie van triestigheid soos Aucamp waarsku.
Joan Hambidge
21 September 2023
Bronne:
Betty, Michèle. 2022. Dark Horse. Kaapstad: Dryad Press.
De Lange, Johann. Vaarwel, my effens bevlekte held. Kaapstad: Human & Rouseau.
Derrida, Jacques. 1978. Writing and Difference. Chicago: University of Chicago. (Vertaal deur Alan Bass).
Hambidge, Joan. 2016. Indeks. Kaapstad: Human & Rousseau.