Plek/Landskap & Somer: Sonnette en kwatryne
Versindaba nooi alle digters, ongeag of jy al ʼn solo-bundel gepubliseer het of nie, om deel te neem aan ʼn digkompetisie waarin ʼn sonnet of ʼn kwatryn ingestuur kan word. Die volgende twee temas moet in die gedig uitgebeeld word: Somer en ʼn Plek of ʼn Landskap.
Die beste sonnet ontvang R800 prysgeld. Die beste kwatryn ontvang R400. ʼn Eksemplaar van “Vers en Vrou” gaan aan ʼn verdienstelike gedig wat nie gewen het nie.
Vereistes
- Slegs sonnette en kwatryne word in aanmerking geneem vir dié kompetisie, hoewel ander gedigte steeds welkom is.
- Gedigte wat ingeskryf word, moet oorspronklik deur die digter self geskryf wees en mag nie reeds in ʼn solobundel of ‘n versamelbundel opgeneem wees of met behulp van ʼn rekenaar geskryf wees nie.
- Digters mag maksimaal 6 gedigte vir die kompetisie inskryf.
- Inskrywings wat op Versindaba geplaas word, mag later in ʼn bundel opgeneem word met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
- Die kompetisie sluit op 1 Desember 2023.
- Inskrywings moet as ‘n Word-dokument (Arial 11) by ‘n e-pos aangeheg word. GEEN gedigte wat as deel van ‘n epos gestuur word, sal aanvaar word nie.
- Kopiereg moet aan die einde van elke gedig erken word op die volgende wyse: © Marlies Taljard, 2023
- Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba:taljard.marlies@gmail.com
- Die beoordelaars se besluite is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Beoordelaars wat anoniem wil bly, se name sal nie gepubliseer word nie.
Alle gedigte word nie gepubliseer nie, maar alle gedigte wat ontvang word, word ingeskryf vir die wedstryd en kom in aanmerking vir beoordeling.