Hennie Nortjé is gebore in George in 1956. Hy studeer as internis en diabetoloog en gaan woon op Stellenbosch.
Hy volg ’n kursus in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Kaapstad onder leiding van prof. Joan Hambidge. In 2012 debuteer hy met In die skadu van soveel bome (Queillerie), en wen daarmee die Ingrid Jonker Prys vir Poësie asook die Eugène Marais prys vir ’n debuutwerk.
Sy belangstellings sluit in Natuurwetenskap, Geskiedenis en Antropologie. Hy is getroud en het drie kinders.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]