Drie
Hans Pienaar

Die tienjarige Jaco Blignaut se lewe verander wanneer hy een Saterdag ’n rugbytoets teen die Franse bywoon. Daarna leef, eet en drink hy die spel. Maar hy kom gou agter dat rugby om meer as net die plesier van skop, breek en lak gaan. Die bal is nie verniet gemaak om reg te spring wanneer jy dit nie verwag nie, en ewe dikwels verkeerd, sonder dat jy iets daaraan kan doen. Hy leer hoe die lewe ook so werk, veral wanneer dit by vroue kom. Wanneer die groot liefde in sy lewe skeefloop, neem dit hom op ’n nuwe lewenspad deur Europa. Later, goed gevestig as ’n wetenskaplike, kan hy nie ontslae raak van die kruise van sy verlede nie en bevind hy hom skielik midde-in ’n moordkomplot.
Hans Pienaar se roman delf diep in die wortels van rugby – van die oorsprong van die spel eeue gelede tot die sielkunde van die strafskop.
OOR DIE OUTEUR
Hans Pienaar het as skrywer naam gemaak in verskillende genres: poësie, prosa, drama en ondersoekende joernalistiek, in Afrikaans en in Engels. Hy het sy digbundels meestal self uitgegee en die eerste veral, Die taal van voëls, het aandag getrek. Sy roman Die Generaal is met die tweede prys in NB se Groot Romanwedstryd bekroon. Die derde oorlog teen Mapoch, ’n ondersoek na die staat se geheime oorloë teen die Ndebele, verower in 1992 die Rapport-prys vir nie-fiksie.
Vorige publikasies sluit in:
1986: Die lewe ondergronds en Die Trojaanse perd (saam met Hein Willemse)
1987: Forces Favourites
1991: Die derde oorlog teen Mapoch
2002: Die taal van voëls
2004: Ching Chong Che
2010: Notas uit die empire
2012: Chaos of Op soek na Superman
2015: My China en Uithoeke / Outcorners
2016: Te Veel Sorge
2018: Die Generaal
2021: Seisoene op parool
2022: Kaap
[Protea Boekhuis 2023. GENRE: Roman. PRYS: R420.00 (BTW ingesluit). ISBN: 978-1-4853-1521-6. FORMAAT: 137 x 213 mm. HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband . AANTAL BLADSYE: 428]

Baie swak geskryf. Kon nie deur die boek kom nie.