Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
17 October 202317 October 2023

Nuwe Publikasie. Chris Vorster: Marius Weyers

Marius Weyers

Chris Vorster

Omslag

Hierdie biografie deur sy vriend en mede-akteur Chris Vorster is ’n nodige blik op die omvangryke loopbaan van ’n Afrikaanse teaterlegende en ikoon. Hy is in 2021 vereer deur die SA Akademie vir sy uitsonderlike bydrae tot rolprent en TV-kuns. Daarna het hy aangekondig dat hy aftree ná 55 jaar in die bedryf en klaar is met toneelspel.

Marius Weyers is waarskynlik een van die bekendste en gerespekteerde name in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf. Hy het homself as ʼn akteur sonder gelyke gevestig; plaaslik én internasionaal. Sy veelsydigheid word weerspieël in die meer as 180 verskillende karakters wat hy vertolk het en in die meer as 50 rolprente en televisiereekse waarin hy sedert 1964 gespeel het. Die biografie bevat heelwat foto’s en is gevul met anekdotes, humor en aanhalings wat inligting en insig gee in hierdie kunstenaar se denke en die uitdagings wat hy by tye moes oorkom. Ook vertel dit die mooi liefdesverhaal tussen Marius en sy vrou, Evette (die bekende beeldhouer).

Weyers is voorheen deur ander skrywers gevra of hy belangstel in ’n biografie en het telkens geweier omdat hy so privaat is. Hy het ook gesê dat dit voorheen nie die regte tyd was nie. Hy voel die tyd is egter nóú reg.

OOR DIE OUTEUR

Chris Vorster – ook bekend as onder andere Ryno Lategan van 7de Laan-faam – is sedert 1995 ‘n skrywer en regisseur vir die verhoog en televisie. Hy het al ongeveer 55 verhoogproduksies geskryf, asook die regie van baie daarvan gedoen. Hy is tans ‘n dosent in film en televisie aan die UV en het in 2022 sy doktorsgraad in kreatiewe skryfkuns verwerf.

Hy publiseer in 2022 die “biografie” Franz Marx: Uit die perd se bek by Protea Boekhuis.

 

[Protea Boekhuis 2023. GENRE: Biografie. PRYS: R420.00 (BTW ingesluit). ISBN: 978-1-4853-1471-4. FORMAAT: 152 x 222 mm. HARDEBAND/SAGTEBAND: Sagteband. AANTAL BLADSYE: 360]

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Nuwe Publikasie. Hans Pienaar: Drie
Nuwe Publikasie. Henning Pieterse: Reinaard die vos →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d