Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 October 2023

Resensie: die belewenisse van ‘n latinis

 

 


Resensie: die belewenisse van ‘n latinis deur Jan Swanepoel. Turksvy Publikasies, 2023

Resensent: Joan Hambidge

 

I

Jan Swanepoel debuteer as digter in 1975 met My Rome brand so mooi. Hierna volg Wat ver is en naby (1980) en daarna By wyse van skrywe (1988).

Sy jongste bundel heet die belewenisse van ‘n latinis.

Belewenis (ervaring) teenoor belydenis.

Hy het ‘n meestersgraad oor die poësie van Vergilius en ‘n doktorsgraad oor Catullus verwerf.

Die gedig “beloftes” het ‘n sub-titel “’n nasegging van catullus” (39).

Richard Whitaker en Douglas Reid Skinner se vertalings van Catullus is belangrik:

http://joanhambidge.blogspot.com/2020/10/resensie-catullus-vertalers-richard.html   Besoek 18 Oktober 2023

Die klassieke toespelings is opvallend in hierdie bundel wat in verskillende toonaarde geskryf is: melancholies, luimig, speels, woedend, intellektueel en emosioneel.

In sy glossarium verduidelik hy selfs vir die leser wat die woord beteken.

Ons beleef as leser per aspera. Die lang reis van rypwording en teleurstellings; van versakings en verdriete; van siektes en genesing.

 

II

patri filioloque, solitaire, per aspera, elegiëe, inkyk, uitwaarts, slotopmerkings van die latinis, rig die lees van die bundel. Maar die afdelings kan selfs omgeskommel word. Solitaire impliseer dalk ‘n kaartspel?

Daar is gesprekke met die vader en die Vader, met vele Bybelse toespelings in patri filioloque.

Die letterlike naam-van-die-vader teenoor die VaderGod. En ‘n bewuswees van hoe hy ‘n seun het en wat vaderskap alles bedui.

Daar is ook ‘n enorme gevoel van isolasie en besinnings oor afgelope liefde. ‘n Meedoënlose inkyk én selftaksering en dan weer ‘n soort staning onder die sterre, soos George Weideman dit so klinkend beskryf het. En “nuusberigte 2020” wat as ‘n obiter dictum gelees kan word met toespelings op Van Wyk Louw. Met ‘n slotafdeling waar die klassikus aan die woord is.

 

III

Vir my is die sterkste afdeling: elegiëe.

Hier is twee verse vir die digter Stephan Bouwer (1948–1999). Sy voortydige dood en ‘n duidelike toespeling op sy werk as akteur en regisseur. Met ‘n aktivering van die laaste bundel in Sirene van bloeisels.

Portrette, private dele en kanttekeninge (1980) is ‘n bundel wat veral handel oor die televisiebedryf en al die rugstekery en troebelhede bekend aan mense wat daar werksaam is. (Opperman het hierdie bundel terloops ná sy siekte vir publikasie aanbeveel:

https://www.dbnl.org/tekst/kann003djop01_01/kann003djop01_01_0013.php Besoek 16 Oktober 2023)

In die gedig “laaste bedryf” (53) word die wispelturigheid van akteursvriende beskryf:

 

hoedat die koor

met gesigte soos wiegeliedere

eensklaps kan verander

in ‘n swerm aasvoëls

wat dodelik

die laaste lewe uit jou pik. (53)

 

In hierdie aangryende vers word die dood in dramaterme beskryf: as ‘n laaste bedryf.

Met ‘n skerp slot:

eers dan, my vriend, daag die insig:

die dood kom nie dramaties nie, dit

geskied buite die kollig, ver

van vriende, stel en verhoog.

in jou slaap sterf jy op vyftig.  (54)

Hierdie lykdig praat met die vers langsaan: “de mortuis nil nisi bonum”, oftewel: Oor die dooies niks behalwe die goeie nie.

bot is die bloeisels

dit staan nie in blom nie. (55)

 

Bouwer debuteer in 1969 met So sal ons uitpasseer; 1973 verskyn Soldag; 1980 Portrette, private dele en kanttekeninge en in 2000 Sirene van bloeisels.

Hier word die lykdig van Swanepoel ook portretvers.

Onthutsende gedigte oor selfdood:  op bladsy 60  (in memoriam s) en ‘n ander gedig “ons is laat kom” (65) waar die einde “skoon” is. Ironies bedoel, uiteraard.

 

IV

Die hand van die klassikus is aanwesig soos in “Antigone op televisie” (32) of “gesange” (33) waar die digter nadink oor implikasie en verlede deelwoorde. Hierteenoor is daar verse oor onbeantwoorde of dalk eerder verloopte liefde soos in die aangrypende “sortes kloosenses” (28) en ‘n gedig “Opening” (26) waar die digter hom verweer teen die skoonheid van ‘n jongeling en eerder ‘n tru-staner word.

In die gedig “ek” (24) word die ek onder die loep geneem:

 

gestroop

van sekerhede

neem ek afstand

van vergaarsels

my nukke

en my eensaamheid

behou ek

 

‘n Voortdurende beweging tussen die sake van die hart en die geloof van sy jeug geplaas teenoor ontnugtering (of eerder: vernugtering soos Hennie Aucamp dit so raak tipeer het).

Die digter as klassikus besef  – soos Van Wyk Louw – dat ons dikwels naskryf, napraat soos in hierdie klein vers vir Eybers:

 

beaming

  – na elisabeth –

vreugde jubel nie

goedsmoeds

vers in nie

pyn weer kies

woorde hoekig

presies (41)

 

Verweer en omkeer. Die gedig as heling soos aangrypend verwoord in “heling” (74) waar die trappe tweereëlig weergegee word.

Letterlik hier vir die slagoffers van die Kommunisme. Maar die vers (in 2012 ná ‘n besoek aan Praag) ‘n vers wat die spreker se lyding verbeeld.

https://en.wikipedia.org/wiki/Memorial_to_the_Victims_of_Communism  Besoek 14 Oktober 2023

Vir hierdie leser was daar ‘n handvol uitstekende verse in hierdie bundel.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d