Oorlog Sonder Vrede
dae rol soos bolle rook
teen die verslytende kleed
van ‘n horison
verby
geboue staar met uitgesteekte oë
die niks in
mense soos miere
skarrel oor die puin
volg ‘n bloedspoor tot
onder in die nes
‘n paar myl terug
Kibbutz Be’eri
het iemand die skakelaar gedruk
lê die getuienis koploos
soos mense
handloos in die as
notas van die dooies
staan
opgeskryf teen tafels
ander
bloot ingebondel in ‘n kas
© Margaret Cordier
Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops.
