Ingrid Jonker. Vertaling van Afrikans in Engels. Vert. deur Ilze Gertenbach
The Sculptor
[for F. Cuairan]
As the shortsighted night in shining lights falls
and shadows from stone and chisel calls:
I’m creating and my body turns that of a bull
outraged as of my food and bed have been fooled
and bump ’gainst the door, the clay and the rock
and snort as my bones bounce twixt iron bolts
and pant locked into the sparseness of wall
and burst ’gainst the plaster of hours that fall.
And once I go silent against a wood cross
I am the longing and the hands of God
the Son of man with eyes that are broken
and I bleed white once the dagger has spoken
and then I died, wounded and maimed
with my crown and my fear in the earth now stayed.
But later I wake as a little boy laughing
across the white sand, in evening’s feet chaffing
washed out by the ocean, at one with the grass
and bamboo reeling as more waters pass,
taut now in marble, expectant I wave
as evening bells revel across ocean’s waves.
Exhausted in bed I turn human at night
Cuairan re-born, that’s eating and bright
That baths and dresses and lips that can touch
Joyful and pure and almost untouched
That sleeps in the rust of the moon ’gainst the glass
– the doors and the windows, the slats downcast.
© Ilze Gertenbach (vertaler)
Die Beeldhouer
aan F. Cuairan
As die aand half-blind in die skitterligte daal
en skadu’s uit die klip en beitels haal:
skep ek en word ek die lyf van ‘n bul
verwoed uit sy kos en sy lê plek gekul
en stamp teen die deur, die klei en die rots
en snork as ek teen die staalwerwels bots.
en hyg opgesluit in die lengte van mure
en bars teen die gips van die woekerende ure.
En wanneer ek stil teen ‘n kruishout word
is ék die verlange in die hande van God
die Seun van die mense en die oë wat breek
en bloeie ek wit as die dolk in my steek
en het ek gesterf, verwond en vermink
met my kroon en my vrees in die aarde gesink.
Maar ontwaak ek later as ‘n seuntjie en lag
oor wit sande in aande huppelend draf
uitgespoel deur die see, een lyf met die wier
en bamboes wat slinger en water wat tier,
verstrak ek in marmer vol verwagting en wink
as die aandklokke wyd oor die branders rinkink.
Uitgesput op my bed word ek mens in die nag
Cuairan weergebore wat eet en wat lag
wat bad en wat aantrek en lippe aanraak
jubelend en suiwer en byna volmaak
wat slaap in die roes van die maan teen die ruit
-die deure en vensters en hortjies gesluit.
©Ingrid Jonker , Versamelde Werke (1994: 36)
****
Fright
You are
a restless ocean;
it’s strange how your love
is a fear; I’m afeared
As you gush and pour around me
Until I flee
Across the sand
To the water’s edge, shaking.
Your word is a splashing wave
and your foam, your white pride
But what happens and changes
In the deep dark green of your breast?
© Ilze Gertenbach (vertaler)
(Jonker 1994: 151)
Skrik
Jy is
’n rustelose see;
dis snaaks hoe jou liefde
’n vrees is; ek is bang
As jy stort en styg om my heen
Tot ek vlug
Oor die sand
Van die bewende waterkant heen.
Jou woord is ’n klotsende brander
en die skuim jou wit trots
Maar wat gebeur en verander
In die donkergroen diep van jou bors?
© Ilze Gertenbach (vertaler)
(Jonker 1994: 151):