Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 December 2023

Kersfeesgedigte van ons lesers (2)

 

Gerard Scharn

 

wens

 

het waren dagen overvol van nostalgie

en vreemd verlangen vervuld van vragen

toen nog niet gesteld

 

vragen waar geen antwoord werd gegeven

hoe veelvuldig ook gesteld over onbevlekt

en parthenogenese

 

we geloofden en beloofden dat vrede haalbaar

is voor mensen van goede wil in vol vertrouwen

dat de mensheid niet anders wil

 

jaar in jaar uit herhaald in dreams of a white

christmas en het mele kalikimaka van witte

crooners onder een kunststoffen kerstboom

 

van merii kurisumasu tot een zalig kerstfeest

van god jul en geseënde kersfees tot selamat natal

jabulela ukhisimusi en krismasi njema

 

sla de handen ineen dans een vastrap rond de

baobab trek het stille nacht uit een krismuswurm

en volg de ster naar beit lechem

 

*

 

Anton Döckel

 

Stille Nag

 

Dit was Oukersaand ons stop

by Ma en Stiefpa ons is haastig

op pad na vriende by die see.

 

Ons het soenoffers gebring

en ons kry ook presentjies

sakdoeke of sokkies verwag ek

met ’n pakkie sigarette tussenin

 

Wat maak julle more vra ek

al weet ek hulle is net twee

alleen

vroeër sou ons kerk toe gaan

en groot eet:

Skaapboud en geelrys en ertjies

braai aartappels

gestoofde perskes, malvapoeding

’n tafel vol mense

wat na ete gaan lê.

 

Moet julle nou al ry?

dan net ’n laaste gunsie

kom ons sing Stille Nag saam

soos toe julle nog kinders was.

 

Ons sing:

haastige tempo, nee

hulle trek, rek hom uit:

Stille nag, heilige nag

Jesus kind lank verwag

 

Later op pad toe nag styf toetrek

ons kilometers verbysteek

lig uit vêr vensters vinger wys:

 

Dink jy ook Kersfees beteken

meer as vakansie by die see –

Nou is dit te laat vir omdraai.

 

*

 

Saretha Benadé

 

Volg die ster

 

Volg die Betlehem se ster

oor vlaktes wyd en ver

volg hom tot by die stal

hoor net die trompetgeskal

 

ons Heiland is gebore

lankal reeds verwag

verwelkom deur engelkore

daardie heilige nag

 

in ‘n nederige stal

op ‘n bedjie van hooi

met min getuies in getal

lê hy met doeke toegegooi

 

volg die Betlehem se ster

oor vlaktes wyd en ver

volg hom tot by die stal

hoor net die trompetgeskal

 

ons Heiland wat eendag sou sterf

wat vir ons die kruis sou dra

sodat ons nie die dood sou verwerf

gewillig sou hy sy laste dra

 

sy liefde vir ons só groot

dat ons nie verlore mag gaan

sy liefde wat ons sou red van dood

wat vir ons die weg na die Vader baan

 

volg net die Betlehem se ster

oor vlaktes wyd en ver

volg hom tot by die stal

hoor daar die trompetgeskal.

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Gerard Scharn. keldervarkens
Kersfeesgedigte van ons lesers (3) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d