Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
22 December 2023

Kersfeesgedigte van ons lesers (3)

 

Anton Döckel

 

Kersfees kom

 

Ek wonder hoe die eerste Kersfees was

stil en nederig vir ‘n nuwe begin:

die baba uit die glas voortgebring

neergelê om aardse lig te sien

die bors van ’n moeder te voel.

Was daar ’n eerste skree

was daar ’n waar is ek?

 

Eerste kom die herders

wat engele hoor sing het

word vertel

geskenke was op pad:

goud, wierook en mirre

onder ’n ster.

 

Vergiffenis was ons present

toegedraai in die Evangelies –

al die pad van Bethlehem af

 

*

Driekie Grobler

 

Die ware rede vir Kersfees

 

ʼn verlate stilte hang oor die besige stad

daaglikse geroesemoes vir ʼn stonde gesluier

agter tyd vir besin, feesvier en samesyn

want dis Kersfees

 

families kokon in hul afgesonderde veiligheid

haweloses dwaal verlate in strate rond

kerkklokke beier die blye boodskap uit

want dis Kersfees

 

skoongeskrop in gelapte hand-me-downs

staan plakkerskampkinders blinkoog afwagtend

vir ‘n genadegif uit die hand van barmhartiges

want dis Kersfees

 

honger monde krul op in wye lag
oë blink oor uitkoms teen daaglikse stryd

verbloem ‘n stonde die bitter van elke dag

want dis Kersfees

met geloei arriveer die genadestoet

word luid verkondig die vredesboodskap

van ʼn verlosser wat hoop sal bring

want dis Kersfees

voete ritme saam op drummer boy se pa-ram-pa-pa-pam
ʼn salige oomblik se ontsnap teen verniel en vertrap

‘n stonde se vergeet van al die swaarkry en leed
want dis Kersfees

 

met die wegsterfklank van “ʼn Heiland is gebore”

kyk ʼn kindjie dankbaar verwonderd na bo

in sy hand ʼn kosbare pakkie

in sy hart die boodskap van hoop geplant

 

hy’t iets beleef wat hoop vir die toekoms bring

die ware rede vir Kersfees

 

©Driekie Grobler (2023)

 

*

 

Hennie Maartens

 

nuwe jaar

 

nuwe jaar is soos ‘n tarentaal

dit is onvoorspelbaar waar

dit skryf ‘n nuwe verhaal

in ‘n onbekende taal

 

© Hennie Maartens, 2023

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Kersfeesgedigte van ons lesers (2)
Hennie Maartens. toneel →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d