Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
11 February 20249 February 2024

Meyer van Rensburg. DNS-faktore: uitvlugkans? (M)

 

DNS-faktore: uitvlugkans?

 

Erflikheid word oorgedra

van generasie tot generasie deur twee lang stringe

DNS nukleotiede: (hanglere wat genome dra)

dwarsdeur elke plantsoort of diernasie,

word dit deur pare chromosome

van die ouers sinkronisties voortgeplant,

gesaai soos saadpluime wat afdaal

van baldakyne van die bome

en opbloei uit fertiele sand.

 

Esoteriese geheime lê

in elke nukleus-kluis verborge

wat ons nooit ontdek of ontwikkel

nie en baie onrustigheid en sorge

wat ek gereeld mee swoeg en sukkel

is hereditêr aan my oorgedra:

so:  is my knaende gewoontes en dade

net te wyte aan my atavus voorsate:

my grootjie-groot-groot-oupa?

 

Het hy in die ver verlede se bestek

gelyk, geloop, gepraat, gedink soos ek?

En sou ek, deur patriargale lewens te bestudeer,

tot beter branding kom sodat ek intenser lewe, skilder, skryf

of het die oorerwingsleer

konsistent meer fasette om die lyf

as wat ek in my skrapende navorsing wil doen

om net myself daarmee te versoen?

Is alles terugneigend oorgeërf: in my natuur

se binneste gebrand soos ’n purgatoriumvuur

(dit kan dan dien as my verskoning)

of is my eie ekheid net gekoester deur my skoling?

 

© Meyervanrensburg

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Meyer van Rensburg. Chirurg (M)
Meyer van Rensburg. Flessies hoop (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • bevan boggenpoel. winter
  • Willem de Swyger. Ou Steenmaker
  • Krige Visser. olie op die vier
  • Miel Vanstreels. Terug
  • Elisma van Zyl. Tydloos

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d