Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 March 20241 April 2024

Marthe McLoud. Onsigbaar (M)

 

Onsigbaar (M)

 

Ses-en-veertig jaar later

en ek sit in ’n recliner

met oorfone op

in my hipnoterapeut

se spreekkamer.

 

Ons klim tydsaam nege-en-dertig trappe

af tot by die swembad. Ek is sewe.

Ek bewe.  My dryfbandjies lê eenkant

op die rand. My maatjie se opblaas

ringdoughnut-band is om my lyf.

 

Sy is gou in die huis en haar suster

lê soos ’n rob rugkant na my

gekeer duskant die vlakkant

se inklimleer. Die son suig haar

soos met ’n strooitjie in straaltjies droog.

 

Ek spring en die ring

glip af om my bene. Ek gly

voete eerste onsigbaar weg

kom op, sluk water, kom op,

sluk water alles klankloos

kom op, sluk water wasig waar…

 

Dan duik sy in en red my rakelings,

maar my primitiewe brein

gee gretig vir my die doodstyding.

 

Diagnose: Walking Zombie Syndrome.

 

By die huis vertel ek my ma.

Sy neem kennis,

maar hoor nie.

 

 

(https://jorganharris.co.za/walking-zombie-syndrome/)

 

 

 

The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.

 

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Marthé McLoud. Asma (M)
Marthé McLoud. Spreekkamer (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Antjie Krog: ʼn  Ondersoekte lewe.  ʼn Huldiging" (Louise Viljoen, Red.)
  • Resensie: "Feesmaalgang" (Dietloff van der Berg)
  • Resensie: “De ontdekking van het eiland: breytenbachiana” (Yves T’Sjoen)
  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Pochade
  • Meyer van Rensburg. Sand skiagram
  • Johann Lodewyk Marais. Gewone duiker
  • Johann Lodewyk Marais. Natuur, omgewing en klimaat
  • Paul Kloppers. let me drown (‘n klikklare kopsterf)

Nuutste kommentaar

  1. Benita Hartman on ND Cronjé. seisoene in ‘n rei10 April 2026

    Vernuftig sikleer die digter seisoene in gestroopte taal,met alle sintuie fyn ingestel - atmosferies. Puik.

  2. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    Dankie, Paula. Ek waardeer die terugvoering.

  3. Joan Hambidge on Bernard Odendaal. Goed gaan8 April 2026

    'n Kragtige slot. 'n Pynlike lykdig wat 'n familieverbintenis verhaal teen die politieke agtergrond. En lyfseer aktiveer hartseer.

  4. André le Roux on Hennie Nortjé. Artemis 27 April 2026

    Die voorspelling word bevestig. Fyn opgemerk en saamgevat!

  5. Bernard Odendaal on Bernard Odendaal. Goed gaan7 April 2026

    Dankie, Daniel. Dié veertjie van jou af steek ek ingenome in my hoed!

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d