Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
19 March 20241 April 2024

Marthe McLoud. Onsigbaar (M)

 

Onsigbaar (M)

 

Ses-en-veertig jaar later

en ek sit in ’n recliner

met oorfone op

in my hipnoterapeut

se spreekkamer.

 

Ons klim tydsaam nege-en-dertig trappe

af tot by die swembad. Ek is sewe.

Ek bewe.  My dryfbandjies lê eenkant

op die rand. My maatjie se opblaas

ringdoughnut-band is om my lyf.

 

Sy is gou in die huis en haar suster

lê soos ’n rob rugkant na my

gekeer duskant die vlakkant

se inklimleer. Die son suig haar

soos met ’n strooitjie in straaltjies droog.

 

Ek spring en die ring

glip af om my bene. Ek gly

voete eerste onsigbaar weg

kom op, sluk water, kom op,

sluk water alles klankloos

kom op, sluk water wasig waar…

 

Dan duik sy in en red my rakelings,

maar my primitiewe brein

gee gretig vir my die doodstyding.

 

Diagnose: Walking Zombie Syndrome.

 

By die huis vertel ek my ma.

Sy neem kennis,

maar hoor nie.

 

 

(https://jorganharris.co.za/walking-zombie-syndrome/)

 

 

 

The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.

 

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Marthé McLoud. Asma (M)
Marthé McLoud. Spreekkamer (M) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Stephan du Toit. Witgatboom
  • Anne-Marie Bartie

Nuutste bydraes

  • Daniel Hugo. Winternag
  • Vincent Oliphant. Soos
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale
  • 100 Duitse Bestes: Elisabeth Borchers (1926-2013)
  • Ilse van Staden. tuiskoms

Nuutste kommentaar

  1. Aldre Lategan on Joan Hambidge. Philip de Vos – die boek op die regte oomblik11 November 2025

    Dankie, Joan, jou resensie is net so 'n lekkerte om te lees soos Philip se boek.

  2. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  3. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  4. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  5. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d