Asma
Snags stap ou tant Siena
uit die Verseboek straat-op
(die spek en antipon vergete)
om met haar sware stampers
verbete
op sy bors te kom sit
totdat ’n hyg en fluitgeluid
bykans sy lot besweer.
En as sy opstaan
fluister hy, “Dank die Heer”
en sit sy asmapompie neer.
© Marthé McLoud, 2024
(Na A.G. Visser se gedig “Vet”)