Vergifnis
op vier en veertig kom die besef dat hy
sy stiefpa nooit werklik gehaat het nie
dat hy bloot ‘n volgende man van sy
ma was wat nie die naam pa gehad het nie
vir hóm het die man wel ‘n naam bekom
here comes poesface again
as hy smiddae van die skool af kom
op vier en veertig toe hy die nuus kry
kanker het uiteindelik die stryd gewen
kon hy nie soos beplan by die kis agtergebly
om te fluister: here comes poesface again
© Hannes Visser, 2024
The AVBOB Poetry Competition reopens on 1 August 2024. Visit our extensive archive at www.avbobpoetry.co.za and find inspiration for your writing by reading the work of other poets in all 11 of South Africa’s official written languages. Follow us on social media for news, announcements and opportunities.