Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 April 202422 April 2024

Aangenaam! Onderhoud met Hannes Visser

 

 

 

Marlies Taljard (MT)

Hannes, baie welkom op Versindaba. Dankie dat jy bereid was om te gesels en so eerlik geantwoord het op ons vrae.

Waar kom jy vandaan? Vertel asseblief iets van jou jeug en jou kleintyd. Wat het jou gemaak wat jy nou is?

 

Hannes Visser (HV)

Ek is in Roodepoort gebore en het in ‘n tweeslaapkamerhuis met ‘n buitetoilet grootgeword met ‘n ouer broer. Ons gesin was redelik disfunksioneel met albei ouers wat alkoholiste was. My pa is dood toe ek tien was – hy sou ‘n week na sy dood 42 geword het. My ma is daarna weer getroud en ons het Durban toe verhuis en in my Standerd 9-jaar teruggetrek Roodepoort toe. My digbundel, die jaar toe pa ... vertel die storie voor en na my pa se dood.

Ek weet nie wat my gemaak het wat ek nou is nie, waarskynlik genade en die ingryping van ‘n hele klomp spesiale mense. In Durban het ek nie werklik portuurvriende gehad nie en het jong getroudes as vriende gehad wat my geleer het hoe werk ‘n gemeenskap, uiteet, goeie maniere. Ek het reeds op laerskool besef ek is verantwoordelik vir my eie lewe. Ek het in Standerd 3 of 4 ‘n vertaalde boek gelees oor ‘n seuntjie wat as kind verkoop is en sy eie weg moes baan, ek dink die boek se naam was Alleen op die wêreld en die seuntjie was Remi, maar ek kan verkeerd wees. Die boek het my angsbevange gemaak dat my ma ook sou doodgaan en ek alleen oor die weg sal moet kom. Ek dink ek het toe al besluit mens moet na jouself kan kyk.

 

MT

Wat doen jy deesdae? Watter beroep beoefen jy, waar woon jy, wat doen jy in jou vrye tyd? Met wie deel jy jou lewe?

 

HV

Ek is effens of dalk heelwat, aandag afleibaar en soek gereeld na nuwe ervarings. So was ek al twee keer ‘n skoolhoof, ‘n bestuurder by KFC (kortstondig, want ek kon die kitskosindustrie glad nie verstaan nie), my eie besighede gehad en my langste pos was as koerantredakteur in Oudtshoorn vir tien jaar (‘n rekord) Op die oomblik is ek die media- en kommunikasiebeampte van Oudtshoorn se burgemeester. In my vrye tyd doen ek houtwerk, skilder, doen interessante projekte in ons tuin en drink rooiwyn.

Ek deel my lewe al 44 jaar met my vrou, Manda.

 

MT

Het jou beroep ʼn invloed op jou skryfwerk – die temas, die ondervinding wat jy opgedoen het, die onderliggende teorie …?

 

HV

My huidige beroep het nog nie ‘n beduidende invloed op my skryfwerk nie, eerder ‘n half belemmerende een, want politiek is ‘n slim sirkusdier wat vir die gehoor speel. My skryfverwysingsraamwerk kom hoofsaaklik uit my interaksie met mense as onderwyser, as joernalis en as berader. My onderliggende teorie is nou verweef met my sienswyse van geloof en ongeloof en hoe mense dikwels neig om in kompartemente te lewe en daarvolgens te oordeel. Dit is ook my oorwoë mening dat ons besig is om tegnologie uit te vind teen ‘n tempo waarmee ons as mens nooit kan tred hou nie en onsself op ‘n stadium oorbodig en heeltemal onkapabel gaan bevind.

 

MT

Hoe sien jy jouself as mens en as digter? Het jy in jou lewe en skryfwerk gegroei?

 

HV

As mens wil ek hoop dat ek op elkeen wat ek ontmoet ‘n indruk laat sodat hulle my sal onthou – die indruk hoef nie noodwendig goed te wees nie – ek wil net nie ‘n onsigbare toevallige iemand wees nie. Wat digkuns aanbetref sien ek myself eerder as ‘n storieverteller in versvorm. Ek vertel al my hele lewe stories – mondeling, in kortverhale, in gedigte en onlangs ook in my misdaadroman, Voorblad.

Ek dink beslis ek het gegroei – ek krap soms van my vroeëre gedigte en stories uit en dan dink ek “genade, maar dit was vrot” (Die ander alternatief is natuurlik dat ek aan vrot gewoond geraak het, ‘n bietjie aan Dunning-Kruger-sindroom ly en dink ek het erg verbeter.)

 

MT

Waar kom jou liefde vir woorde vandaan? Hoe lank skryf jy al en wat skryf jy alles?

 

HV

Ek was op laerskool al lief vir stories. Ek was daardie outjie in die klas wat my nie aan die juffrou gesteur het as sy sê ‘n opstel moet een bladsy lank wees nie – myne was deurgaans drie keer langer en ek het gewoond geraak aan ‘n rooi streep aan die einde van die eerste bladsy met ‘n nota “ek merk net tot hier”. Ek skryf graag gedigte, kortverhale en rubrieke en is tans besig met nog ‘n roman en gedigte vir ‘n tweede bundel.

 

MT

Is jy ʼn leser, en wat lees jy? Watter teks(te) het jou die meeste aangegryp?

 

HV

Ek het op skool en op onderwyskollege enigiets gelees wat ek in die hande kon kry. Ek dink ek het teen Standerd 7 al James Hadley Chase, Agatha Christie en Mickey Spillane se boeke gelees en kort daarna Papillon van Henri Charriė en Wilbur Smith se When the Lion Feeds. Tot my skaamte lees ek deesde minder, maar as ek lees, vermy ek swaar (letterlik en figuurlik) boeke – dit boei my nie. Ek geniet boeke waarmee ek kan identifiseer, maar tot my skaamte moet ek bieg dat ek al minder en minder prosa lees. (My vrou is die teendeel – sy lees tussen 50 en 60 boeke – nie dunnetjies nie – per jaar.) Ek word aangegryp deur gedigte en as ek kans maak vir lees, lees ek gedigte. Ek het meer as 100 digbundels en keer telkens terug na spesifiekes – soos Gert Vlok Nel se Om te lewe is onnatuurlik, Gisela Ullyat se Die waarheid oor duiwe en onlangs Tom Dreyer se Nou in infrarooi. Ek hou van gedigte wat stories vertel en sou bitter graag ‘n digbundel van Johan Jack Smith wou sien materialiseer. Voor sy dood het hy van sy gedigte vir my gestuur en ons was ook saam in Nuwe Stemme 6.

 

MT

Hoe skryf jy? Kom jou gedigte volledig by jou aan? Dink jy lank voordat jy iets skryf? Hoe lank en hoe intensief werk jy aan ʼn gedig?

 

HV

Gedigte kom na my toe, maar met groot moeite. Ek sal iets sien of ‘n frase hoor en dan ontkiem die saadjie teen sy eie tempo. Ek skryf die gedagtes neer en daaruit tik ek ‘n voorlopige gedig wat ek verwerk en verwerk en verwerk. Ek kry dit uiters moeilik reg om byvoorbeeld ‘n gedig “uit te dink” vir ‘n tema. Hy (of sy) moet self aanmeld en daar gaan letterlik maande verby sonder een aanmelding.

 

 

MT

Watter temas lê jou na aan die hart? Waaroor voel jy sterk? Wat maak jou gelukkig? Wat stem jou onrustig? Wat haat jy? Waaroor droom jy?

 

HV

Die alledaagse bestaan van mense wat maar net wil leef en laat leef is my temas. Ek voel sterk oor die vryheid van assosiasie en elkeen se vryheid om ‘n eie geloof- of ongeloofsiening te huldig sonder om gekasty te word. My vrou en kinders, my honde en my motorfiets maak my gelukkig en om ‘n gedig of ‘n verhaal vir die laaste keer deur te lees en vir myself te sê – so ja, daar’s hy nou.

Ek raak onrustig oor mense se toenemende onvermoë om oordeelkundig te wees – Facebook is die nuwe universiteit.

Ek haat nie juis iets nie – beslis nie mense nie – maar ek het ‘n geweldige renons in luiheid en “entitlement” (Ek is jammer – die Afrikaanse woord ontgaan my.)

Ek droom oor ‘n land waar alles net weer werk.

 

MT

Is daar iemand wat jou inspireer om te skryf, iemand wie se werk jy bewonder of iemand wat vir jou ʼn klankbord is?

 

HV

Wat digkuns aanbetref was die lirieke en gedigte van Gert Vlok Nel en die lirieke van Koos du Plessis en Christopher Torr waarskynlik die grootste inspirasie. Die kennis oor digkuns en die bemoeienis met nuwe digters deur digters soos Daniel Hugo, Bernard Odendaal en Joan Hambidge is vir my ‘n inspirasie.

Daar is ‘n verskeidenheid digters en gedigte waarmee ek identifiseer en wat met my praat (‘n heel onletterkundige en nie-akademiese uitdrukking – maar dit is hoe dit is)

Wat skrywers aanbetref, het Annelie Botes beslis ‘n groot invloed op my en haar aansporing is vir my van onskatbare waarde – sy is ‘n vrek streng klankbord, maar sy is doodeerlik. Dana Snyman se manier van skryf en om empatie te ontlok sonder om trane te trek is vir my iets om na te streef.

 

MT

In hoeverre steur jy jou aan kritiek?

 

HV

Ek is ‘n Skerpioen en blykbaar hang kritiek nie maklik om ons skouers nie, maar ek sal my beslis steur aan goeie en grondige kritiek. Met my digbundel het ek destyds drie leesverslae gekry. Al drie het kritiek gehad, maar ek het net twee s’n ernstig opgeneem – die derde het ek bloot kennis van geneem. Kritiek van ‘n kenner of iemand wat wyd lees is vir my onontbeerlik – dit is ‘n rigtinggewer, maar ek is eerlik as ek sê ek is lugtig vir sogenaamde lesersindrukke wat deesdae op talle platforms verskyn en bloot dit is – ‘n lesersindruk.

 

MT

Watter raad sou jy graag aan aspirant-digters gee?

 

HV

My eerste stukkie wysheid sou wees – lees gedigte, lees nog gedigte en as jy keelvol is, lees nog gedigte.

Tweedens sou ek voorstel dat die digter sy eie stem moet vind – ons kan nie almal Ingrid Jonker of Adam Small of Breyten of Joan wees nie.

Derdens – maak seker elke woord wat daar is, is noodsaaklik – die leser moet ook deur jou wit spasies tussen reëls en tussen die woorde die ongesêde (is daar ooit so ‘n woord) kan raaklees.

Vierdens – weet waar om te stop – ‘n gedig is nie ‘n les of ‘n preek nie – die leser weet dinge sonder dat dit uitgestip of verduidelik word. (Hier is ek subjektief, want ek vind lang gedigte verveel my en ek verloor die trant, en voel dikwels die digter het lankal verby die einde begin skryf.)

 

MT

Deel asseblief met ons een gedig in jou oeuvre (of ook meer as een) waarvan jy baie hou.

 

HV

 

Diefstal

 

dit het stadig en ongemerk, so byna terloops

eers was dit jou sleutels wat jy telkens iewers

en as ek jou spot, het jy verleë  met jou hande

totdat jy begin het om mense en plekke se name

en die gapings tussen jou woorde het al groter

en jy het langer en langer na  dieselfde bladsy in jou boek

 

ouderdom, het oudok gemeen en sy hande in die lug

hy was verkeerd en jou gapings het steeds groter

tot die dag toe ons kleinkinders  op die strand

en jy wys en jy vra: nou maar wie se

toe het ek geweet

 

 

ek onthou jou weggaandag  asof dit gister

jy was in die sitkamer en ek het vir jou tee

toe vlieg jy beangs op tot in die verste

ek het jou gunstelingkoppie op die vloer laat

want ek het besef jy weet nie meer

 

ek mis jou so en ek wens ek kon betyds

maar die siekte het soos ‘n dief in die

en  jou woord vir woord van my af

 

 

Laat die duiwe dans

 

Gisteraand was die eerste kuier sonder jou

en die tafelgesprek is oor duiwe wat raas

met die Belg wat kla hy word onsmaaklik

wakker van die pote se gekrap op die dak

 

Pak doringtakke, stel iemand voor

en al waaraan ek kan dink, is dat ‘n

duisend duiwe maar op ons dak mag dans

as jy net hier kon wees, om dit ook te hoor

 

 

oplus_2

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← AVBOB “Ek wou nog sê”: Skakels na die hele reeks
Digtersprofiel: Hannes Visser →

2e gedagtes oor “Aangenaam! Onderhoud met Hannes Visser”

  1. Johann de Lange says:
    17 April 2024 at 13:09

    Ek het ook James Hadley Chase gelees op hoërskool. Maar dit lyk my hy het sedertdien verdwyn. In matriek het my Engelse onderwyser, Mev. Van Aardt, my toegelaat om my boekverslae oor Chase in te dien, wat volgens haar goeie Engels geskryf het.

    Reply
    1. Hannes Visser says:
      22 April 2024 at 06:46

      Dit was vir my ‘n verskriklike ding toe ek op ‘n dag sien iemand het James Hadley Chase se boeke in Afrikaans vertaal. Ek dink ek het van een van hulle net die eerste bladsy gelees.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d