Gisela Ullyatt (1977 – 2020) is in Bloemfontein gebore en behaal die grade MA (Duits) en MA (Engelse taalstudie) aan die Universiteit van die Vrystaat. Sy behaal haar PhD (NWU) in 2013 en haar tesis handel oor die Amerikaanse digter Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk.
Sy dig sedert haar hoërskooldae en van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem waardeur sy bewys gelewer het van haar vaardighede as digter. Kort voor haar dood in 2020 verskyn haar bundel Die waarheid oor duiwe, by Protea Boekhuis .
Sy was getroud met Tony Ulyatt, en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller.
[Nota van die Versindaba redaksie: Ons wil graag nuwe en ou digters aanmoedig om vir ons opgedateerde profiele aan te stuur na taljard.marlies@gmail.com
Van ‘n digter wat al een of meer solo-bundels by ‘n erkende uitgewer gepubliseer het, versoek ons die volgende:
-
-
- ‘n Redelik onlangse foto in JPG-formaat
- ‘n Lys van publikasies (ook die belangrikste nie-poëtiese publikasies)
- ‘n Kort lewenskets wat inligting bevat oor o.a. waar en wanneer jy gebore is en grootgeword het, waar jy studeer het, watter beroep jy beoefen of waarmee jy jou tans besig hou, waar jy op die oomblik woon, ens.
- Enige ander interessante feite oor jou
-
Skryf asseblief die profiel in narratiewe vorm en nie as ‘n reeks feite ondermekaar nie, ten einde dit meer lesersvriendelik te maak.
Indien jy bereid is om ‘n profiel te skryf oor ‘n gestorwe digter, laat weet my asseblief by taljard.marlies@gmail.com]