Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 May 2024

Elizabeth van der Berg. “Die prys van oorlog” – enkele opmerkings

 

“Die prys van oorlog” deur Carin Erasmus is aangewys as die wengedig van die onlangse Ghasel-skryfkompetisie geborg deur Cordis Trust.

Enkele persoonlike indrukke word hier oor dié ghasel uitgedruk.

 

Die prys van oorlog

 

geraamtes van staalvingers wat boontoe wys:

ge-rigor mortis in koue wintergrys

roetrook, skrapnel en splinterklip gruverhaal:

waansinnig brand strukture as ‘n bewys

brokke stapelhuismure, skeeflyfdakke

van eens bewoonde middelklas paradys

stap troppe arrogante voetsoldate

wat walglik middelvinger en haatvuis wys

waar daar noodlottige besluite hang, staan

Carin se kindertjies en betaal die prys

 

Hierdie ghasel is aktueel in ’n tyd van oorloë soos dié in Oekraïne en die Gaza-oorlog waarin die dood van veral babas en onskuldige kinders publisiteit in die media verkry.

Die treffende grafies-visuele aanvangsreël: “geraamtes van staalvingers wat boontoe wys” resoneer met die aangrypende bronsbeeld deur Ossip Zadkine in Rotterdam, De verwoeste stad wat die Duitse bombardering van die stad op 14 Mei 1940 gedenk. ‘n Man sonder ‘n hart met sy arms wanhopig boontoe uitgestrek, word daar voorgestel. Volgens Zadkine versinnebeeld dit ’n uitroep van afgryse teen die onmenslike brutaliteit van hierdie daad van tirannie.

Die absolute magtelose, desperate gevoel van die uitgestrekte hande wat hierdie reël uitdruk, word versterk deur die trauma van dood opgeroep deur die volgende frases: “geraamtes” en “ge-rigor mortis” wat as werkwoordvorm, die gewelddadige aksie van die doodmaak aandui.

Die konkrete afskuwelikheid en omstandighede van die oorlog word verder ingeskerp deur “koue wintergrys”, “roetrook”, “splinterklip gruverhaal”; terwyl die totale malheid, onsinnigheid, neerslagtigheid en verwoesting van oorlog uitgedruk word met “waansinnig brand strukture as ‘n bewys brokke stapelhuismure, skeeflyfdakke”.

Die meerduidigheid van die treffende beeld, “skeeflyfdakke” wat verwys na sowel die vernietigde strukture as verminkte slagoffers, lui die verskuiwing in vanaf infrastruktuur na die mens.

Die “troppe arrogante voetsoldate” waar “troppe” op die kudde-mentaliteit dui van die soldate wat ondenkend, ongevoelig opdragte gehoorsaam, staan in skerp kontras met die laaste reël waar daar na die onskuldige kindertjies verwys word.

Die frases, “haatvuis wys” (die vyand) en “Carin se kindertjies” (die slagoffers) resoneer met “die kind lig sy vuiste” in die beroemde gedig, “Die Kind” waarin Ingrid Jonker die kind se woede teen ongeregtigheid en geweld uitspreek. Hierdie assosiasie verhoog die patos van die lyding van onskuldiges. Die konvensie in die ghaseltradisie om die digter te benoem, hier met “Carin”, verpersoonlik en intensiveer die emosie.

Deur beide intertekstuele verwysings, naamlik die bronsbeeld en “Die Kind”, verkry die gedig universaliteit en ’n ryker semantiese waarde wat die verskrikking van oorlog oordra.

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d