Sorgeenheid
die moeder is krank
haar heup in die knop verdor
veg en vlug
het haar krom getrek
tye van wag
tik tik
met onafwykende blik
is takke van katterakke
in die ashoop van haar oë gegooi
gedagtes vlug soos diere
uit hul habitat verdryf
na barenswee
lê dood nou gebore in die oopveld
haar oë toe
© Margaret Cordier