Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 July 2024

Samespraak: Oproep om bydraes: Leeskultuur (tweede semester, 2024)


Oproep om bydraes

Leeskultuur en transtaligheid

 

Agtergrond en fokus

 

In ’n wêreld waar globale en multikulturele uitruil toenemend voorkom, speel leeskultuur ’n sleutelrol in die bevordering van meertaligheid en kulturele interaksie. In Suid-Afrika se diverse literêre landskap is daar ’n rykdom aan voorbeelde van translinguale en meertalige poëtika. Gedurende die tweede semester van Samespraak gaan ons poog om hierdie rykdom verder te verken en te versterk.

Ons wil besonder aandag gee aan hoe inisiatiewe uit die Lae Lande, soos Stichting Lezen en Iedereen Leest, ons kan lei in die bou van ’n sterk leeskultuur in Suid-Afrika. Die Lae Lande het suksesvolle programme geïmplementeer wat die leeservaring van kinders en volwassenes bevorder, van strukturele stimuleringsprogramme tot digitale leesomgewings. Wat kan ons leer van hierdie benaderings, en hoe kan ons dit toepas om leesbevordering in Suid-Afrika te verbeter?

 

Oproep om bydraes

 

Ons nooi navorsers uit om gedurende die tweede semester van 2024 referate te lewer wat die volgende temas aanspreek:

  • Die invloed van trans- en meertalige poëtika ter bevordering van ’n leeskultuur in die Suid-Afrikaanse konteks.
  • Ondersoek na suksesvolle inisiatiewe ter vestiging en uitbreiding van leeskultuur in Suid-Afrika, insluitend praatjies, onderhoude, en ander navorsingsbenaderings.
  • Voorbeelde van suksesvolle leesbevorderingsprogramme in die Lae Lande en hul toepasbaarheid in Suid-Afrika.
  • Diskoersmatige benaderings tot die bevordering van lees in multikulturele en meertalige gemeenskappe.
  • Praktiese implementering van leesbevorderingsinisiatiewe wat die rol van skole, biblioteke, en gemeenskappe insluit.

 

Rooster vir aanbiedings: Augustus, September en Oktober 2024 – Suid-Afrika-tyd (UTC+2)

 

Woensdag, 28 Augustus 2024  
Tydsgleuf Naam, van en e-posadres
14:00-14:30  
14:30-15:00  
15:00-15:30  

 

 

Woensdag, 25 September 2024  
Tydsgleuf Naam, van en e-posadres
14:00-14:30  
14:30-15:00  
15:00-15:30  

 

Woensdag, 30 Oktober 2024  
Tydsgleuf Naam, van en e-posadres
14:00-14:30  
14:30-15:00  
15:00-15:30  

 

Laaste datum vir die skiet van tydsgleuf: 14 Augustus 2024. Stuur asb. jou voorgestelde tydsgleuf aan  erouxap@unisa.ac.za.

 

Hierdie oproep sluit aan by Samespraak se eerste semester-aanbiedings en oproep om bydraes vir Journal of Literary Studies (reds. Alwyn Roux & Yves T’Sjoen, 2025) se spesiale uitgawe oor die verkenning van translinguale poëtika en meertaligheid in Suid-Afrikaanse literatuur.

 

Lees hier vir meer inligting: https://unisapressjournals.co.za/index.php/jls/announcement/view/156.

 

Kontrak gerus die Samespraak-bestuur vir meer inligting:

Alwyn Roux: erouxap@unisa.ac.za
Unathi Ngada: ngadaun@unisa.ac.za
Yves T’Sjoen: yves.tsjoen@ugent.be

 

Iincoko (isiXhosa) | Same(n)spraak (Afrikaans-Dutch) | Conversations (English)

Webblad: https://www.samespraak.com/opkomende-seminare

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alwyn Roux. Samespraak: Klimaatdigters (13 April)

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”
  • Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier
  • Gerard Scharn. die unpersonen

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d