Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
21 September 202425 September 2024

Daniel Hugo. Vier Turksvy-digters skitter by Tuin van Digters

 

 

Op Vrydag 13 en Saterdag 14 September 2024 het die jaarlike byeenkoms van digters en musikante by die Breytenbachsentrum op Wellington plaasgevind. Dié geleentheid geskied altyd rondom Breyten Breytenbach se verjaarsdag op 16 September. Die sentrum is gehuisves in sy ouers se losieshuis, oftewel “bôrdienghuis”, waarin Breyten grootgeword het. ’n Groot aantrekkingskrag is die pragtige tuin met tentoongestelde digterswoorde.

 

Rudolph Willemse

 

Daniel Hugo, gespreksleier: Rudolph Willemse

 

Saterdagoggend om 10:00 het die eerste Turksvy-digter opgetree in ’n tent vol poësieliefhebbers. Rudolph Willemse van Riebeek-Kasteel is deur Daniel Hugo uitgevra oor sy bundel swartland.  Die gedigte handel nie net oor die Swartland as geografiese plek nie, maar ook oor Willemse se “kopruimte”. Hy het op Riebeek-Kasteel gaan aftree ná ’n regsloopbaan in die korporatiewe wêreld. Enersyds ervaar hy sy omgewing as ’n paradys, maar andersyds ook as “’n harde en donker plek”. “Kunslied” is die kortste gedig in die bundel, waarmee die digter sonder omhaal van woorde sê dat selfs ’n donker plek opgevrolik kan word deur die natuur en die kuns:

 

die janfrederik

het een oggend

hier opgedaag

en vir ons gesing.

 

Rafel met Andries de Beer

 

Getoonsette gedigte is ook ’n vorm van die kunslied, en dit is wat die feesgangers kon beleef tydens Andries de Beer se opvoering, getitel “Rafel: ’n woord-en-klank-tapyt”. Van die gedigte in sy bundel aalmoes vir die bootman is getoonset deur Kristi Boonzaaier en gesing deur Norra Marris. Tussendeur het Andries sy gedigte op ’n onnabootsbare wyse voorgedra. Die programnota sê met reg: “Deur poësie en musiek naatloos te verweef, skep ‘Rafel’ ’n ryk emosionele ervaring wat die gehoor dieper laat delf in temas van verbondenheid en verlies.” De Beer is ook ’n visuele kunstenaar en sy volkleurillustrasies vorm ’n integrale deel van sy bundel, wat as punkpoësie getipeer word.

 

Rocco de Villiers lees voor uit “Die eiesoortiges”

 

Rocco de Villiers is al die Suid-Afrikaanse Liberace genoem. Benewens virtuose pianis en komponis is hy ook ’n digter van die bundel Die eiesoortiges. Hy het op die verhoog verskyn met ’n blinkerbaadjie en ’n kortbroek, waarmee hy die dekadensie van die kunswêreld met die aardsheid van sy Vrystaatsie agtergrond wonderbaarlik laat balanseer. Saam met hom op die verhoog was die kitaarspeler Hansie Roodt wat vir ’n groot verrassing gesorg het. Hy het naamlik sy eie toonsetting van Rocco se gedig “Nader as die liefde” gesing. Hier is een strofe van die gedig wat ’n onvergeetlike lied geword het:

 

Nader, my hart

Aan my hart is jy

Nader as die bloekom aan die blaar

Nader as die rooi aan die papawer

Nader as die viol aan die snaar

Nader as my vinger aan die klawer.

 

Rocco het ook gedigte uit die bundel voorgelees, staaltjies vertel en onnabootsbaar energiek die klawers bespeel. So iets het die Tuin van Digters nog nooit beleef nie!

 

Hennie Nortjé

 

Die vierde Turksvy-digter, die dubbelbekroonde Hennie Nortjé, het saam met twee ander opgetree: André le Roux en Jaco Barnard-Naudé. Die gespreksleier was prof. Bernard Odendaal. Hennie se bundel, Noord van Malelane, bevat gedigte oor die Kruger-wildrtuin en is met pragtige lynsketse deur sy seun, Pieter, geïllustreer. Hennie se humorsin het uit sy gevatte antwoorde gestraal. Hy is ‘n fyn waarnemer en optekenaar van die natuur, soos duidelik blyk uit die gedig “Minor kills”:

 

Daar hang ’n blouvalk

hoog bo die Laeveld.

En dan ná die duikslag

word ’n streepmuis

of iets dergelik onbenullig

slegs hier in my gedig

aangeteken as vermis.

 

Met vier digters op die program was Turksvy vanjaar die bes verteenwoordigde uitgewer by die Tuin van Digters.

 

Sjaka Septembir, Die bardo van Biko April, het sy gedig voorgelees wat in die jongste uitgawe van Ons Klyntji gepubliseer is

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d