Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 October 2024

Ronel de Goede. Die ganse van Meidoem

 

 

 

Die ganse van Meidoem

 

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

op die oewers van die verbeelding

grootlyf streeppens rooibors: van elk ’n tweeling

mik-mik hier na ’n insek      pik-pik daar ’n blaar

wyd en syd gehuldig: eenvoudig wonderbaar

sierlik verbeeld in hul dinglikheid

 

verf van kalksteen hematiet malagiet met eierwit

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

’n oomblik vasgevang in hul kortstondigheid

’n paneel gekap uit Itet se grafkeldermuur

glo om te red en die vonds te laat voortduur

maar: ’n deel uit ’n geheel lei tot vrae en gevit

 

waar’s die werkers en die vangnet en die ploegosse?

die fries onvolledig uitgestal in die museum (oud of nuut)

steeds die onderwerp van velerlei dispuut

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

die sestal in hul uniekheid en hul sterflikheid

ondanks skend roof oorverf uitsterf en allerlei glosse

 

tog: só bewonderenswaardig

o ganse van Meidoem      vlieg o vlieg

na die oewers van my verbeelding se gedig

 

© Ronel de Goede, 2024

 

Deel:

  • Click to share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Click to share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading...

Lees meer

← Ronel de Goede. kauri

6e gedagtes oor “Ronel de Goede. Die ganse van Meidoem”

  1. Elmarie van Kampen says:
    27 January 2025 at 19:59

    Ek hou sommer baie van jou gedig Ronel. Baie geluk!

    Reply
    1. Ronel de Goede Foster says:
      11 October 2025 at 17:38

      Baie dankie, Elmari. Jammer ek reageer nou eers.
      Met waardering
      Ronel

      Reply
  2. Zandra Bezuidenhout says:
    26 October 2024 at 12:46

    Bewonderenswaardig.

    Reply
    1. Ronel de Goede Foster says:
      27 October 2024 at 09:15

      Baie dankie, Zandra.

      Reply
  3. Ronel de Goede Foster says:
    26 October 2024 at 09:44

    Dankie Joan. Waardeer.

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    25 October 2024 at 17:28

    Dankie vir hierdie mooi besinning.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Joan Hambidge. Kerstyd 2024
  • Resensie: “’n Ander wêreld” (Eunice Basson)
  • Anne-Marie Bartie. alpha centauri
  • Anne-Marie Bartie
  • Stephan du Toit. Witgatboom

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Bestekopname
  • AVBOB Persverklaring
  • Willem M. Roggeman. De meerwaarde van de verbeelding
  • Joan Hambidge. Brief, 10 November 2025
  • Carina van der Walt. Paryse dagboek

Nuutste kommentaar

  1. Marlies Taljard on Nuwe publikasie: “Troilus and Criseyde” in Afrikaans vert. deur Johan Boje10 November 2025

    Besonder insiggewende inleiding wat onmisbaar is wanneer mens so 'n vertaling lees. Baie geluk met 'n wêreldklas vertaling John Boje.

  2. Peet van Schalkwyk on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek10 November 2025

    Baie dankie Vds

  3. VDS Brink on Peet van Schalkwyk. Camdeboo, Van der Waltshoek8 November 2025

    Peet, dit is aangrypend mooi!

  4. Bernard Odendaal on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)3 November 2025

    Dankie, Joan.

  5. Joan Hambidge on 100 Duitse Bestes: Erich Fried (1921-1988)31 October 2025

    Was es ist! Puik vertaal.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2025 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d