Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
25 October 2024

Ronel de Goede. Die ganse van Meidoem

 

 

 

Die ganse van Meidoem

 

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

op die oewers van die verbeelding

grootlyf streeppens rooibors: van elk ’n tweeling

mik-mik hier na ’n insek      pik-pik daar ’n blaar

wyd en syd gehuldig: eenvoudig wonderbaar

sierlik verbeeld in hul dinglikheid

 

verf van kalksteen hematiet malagiet met eierwit

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

’n oomblik vasgevang in hul kortstondigheid

’n paneel gekap uit Itet se grafkeldermuur

glo om te red en die vonds te laat voortduur

maar: ’n deel uit ’n geheel lei tot vrae en gevit

 

waar’s die werkers en die vangnet en die ploegosse?

die fries onvolledig uitgestal in die museum (oud of nuut)

steeds die onderwerp van velerlei dispuut

die ganse van Meidoem wei vir tyd en ewigheid

die sestal in hul uniekheid en hul sterflikheid

ondanks skend roof oorverf uitsterf en allerlei glosse

 

tog: só bewonderenswaardig

o ganse van Meidoem      vlieg o vlieg

na die oewers van my verbeelding se gedig

 

© Ronel de Goede, 2024

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Ronel de Goede. kauri

6e gedagtes oor “Ronel de Goede. Die ganse van Meidoem”

  1. Elmarie van Kampen says:
    27 January 2025 at 19:59

    Ek hou sommer baie van jou gedig Ronel. Baie geluk!

    Reply
    1. Ronel de Goede Foster says:
      11 October 2025 at 17:38

      Baie dankie, Elmari. Jammer ek reageer nou eers.
      Met waardering
      Ronel

      Reply
  2. Zandra Bezuidenhout says:
    26 October 2024 at 12:46

    Bewonderenswaardig.

    Reply
    1. Ronel de Goede Foster says:
      27 October 2024 at 09:15

      Baie dankie, Zandra.

      Reply
  3. Ronel de Goede Foster says:
    26 October 2024 at 09:44

    Dankie Joan. Waardeer.

    Reply
  4. Joan Hambidge says:
    25 October 2024 at 17:28

    Dankie vir hierdie mooi besinning.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bernard Odendaal
  • Gerard Scharn. het was verschrikkelijk
  • Nuwe Bundel. Margaret Cordier-Biermann: Spiraal
  • Nuwe Bundel. Carina van der Walt: Frankofiel
  • Nuwe Bundel. Daniel Hugo: Vers & Kapittel III

Nuutste kommentaar

  1. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  2. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  3. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

  4. Soekie Vogel on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)27 August 2026

    Hambidge het haarself oortref in haar digsiklus oor De Lange. Aangrypend.

  5. Daniel Hugo on Ilse van Staden. Die Dans25 August 2026

    'n Wonderlike huldeblyk aan die digter se moeder en Van Wyk Louw.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d