lank voor kort
(vir Breyten, 26 November 2024)
die woordwonderwerker het stil geword
ons slaan ons oë op na die berge
waar kom ons verborge verse nou vandaan?
wie besweer ons vrese en die eendeweer
wie verstaan die vlug van voëls
die wieg van wolke in die wind
wie beskryf die krap van duiwepootjies op die dak
met watter woord?
by wie kan ons vertroosting vind
wanneer die son vir oulaas sak?
wie ken Janfrederik se skemerfluit-fluit
hierdie storie is nou uit
kort is die lewe maar die kuns duur voort
© Gunther Pakendorf, 2024
Treffend, Gunther! Vita brevis, ars longa. Inderdaad.
Gunther, dit is ‘n gepaste en treffende huldeblyk