Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
23 December 202430 December 2024

Margaret Cordier. Die mens se hunkering na Utopia in ‘n gebroke wêreld

 

Die mens se bestaanswêreld verander op elke moontlike gebied. In hierdie artikel word kommentaar gelewer oor en perspektiewe vervat van skrywers en digters op ’n veranderende wêreld.

Ek verken die konkrete en innerlike landskappe van skrywers soos dit in die letterkunde beslag kry.

Verskillende digters en skrywers word in die artikel, na gelang van hulle rol, uitgelig as waarnemers, wagters, wysgere en kommentators.

Die reaksie van die mens in tye van geweld, oorlog en lyding, asook die ewige soeke na ’n utopiese bestaan, word bespreek.

Hier volg ’n paar voorbeelde van bundels en gedigte waarin die onvervulde soeke na ’n utopiese bestaan ondersoek word.

  1. Die afwesigheid van berge deur Louis Esterhuizen

Hierdie bundel gebruik die beeld van ’n berglose landskap as simbool van kwesbaarheid en openheid. Die spreker gaan op ’n innerlike pelgrimstog wat as simbool vir ’n soeke na betekenis of ‘n heilige plek gebruik word. Hierdie reis na selfontdekking en die temas van verlies en verwondbaarheid word op ’n utopiese vlak benader, maar bring die spreker ook in aanraking met moeilike ervarings, wat verteenwoordigend is van die beperkings van ideale.

  1. Katalekte deur Breyten Breytenbach

Hierin speel Breytenbach met taal om bekende temas te dekonstrueer en ’n alternatiewe werklikheid te verken. Sy gedigte weerspieël die effek van sosiale verandering en die uitdagings van identiteitsbewaring, wat dikwels deur komplekse simboliek en verrassende beelde na vore kom.

Hierdie benadering is nie net ’n eksplorasie van taal nie, maar ook ’n reis in die diep kollektiewe en persoonlike bewussyn.

  1. “Sproeireën” deur D.J. Opperman

Hierdie klassieke gedig (mens sou kon beweer: deel van die Afrikaanse kollektiewe geheue) herinner aan geliefde beelde en geure uit die verlede. Dit beklemtoon die digterlike rol in die behoud en ontsluiting van nostalgiese ervarings wat bydra tot ’n gedeelde, utopiese beeld van tuiskoms en troos.

Die grootsheid van die lewe; die vervulling van die vlees ten alle koste en die onversadigbare begeertes van die materiële wêreld lyk soms vir die buitestander asof dit meer vreesaanjaend word.

Soms lei die aardse juk en las by die digter tot die gevoel dat die psige oorlaai is deur diskrepansie en gebrek aan kongruensie van die realiteit. Daar bly heimlik die euforiese smagting na ʾn utopiese terugkeer na die tuin sonder distels en dorings sonder industriële afval van eie werke.

In “Let America Be America Again” skryf Langston Hughes (1901 – 1967) van die soeke na geregtigheid en ‘n beter samelewing:

 

O, let America be America again —

The land that never has been yet —

And yet must be — the land where every man is free.

 

In die gedig is daar ‘n diepgaande refleksie op die ideale en werklikheid van die Amerikaanse droom, wat verwoord word as ‘n hunkering na ‘n nasie waar vryheid en geleenthede werklik bestaan vir almal.

Die tuin sonder dorings en distels kan gesien word as ‘n metafoor vir ‘n ideale wêreld waar mense vry is van die moderne wêreld se onderdrukkende vereistes en onbevredigbare begeertes. Hughes se werk herinner ons daaraan dat hierdie “Amerika” – of dit nou ‘n plek, ‘n ideaal of ‘n doel is – iets is wat nog bereik moet word. Dit is slegs moontlik met die herstel van morele en geestelike waardes in die samelewing. Die gekose uitkykpunt oor die innerlike landskap van die mens sal bepaal wat jy sien.  Wêreldbeskouings word bepaal deur die perspektief van die skrywer. Die invalshoek verskil tussen Christene en Hindoes, tussen mense van Europa en Asië.

Wat bepaal byvoorbeeld die persepsie van ‘n vyandige landskap vir Christene, ateïstiese filosowe en Afrikaanse digters? Tot watter gevolgtrekking sal sulke uiteenlopende individue kom oor ons huidige wêreld met voortdurende konflik en veranderende landskappe? Die antwoord lê dikwels in die letterkunde, en dan spesifiek die digkuns van ‘n kulturele groep.

 

Zeitgeist 2

boodskapdraers

hang soos lewende fakkels

ellipties om die aardbol

sterre gesels met mekaar

oor onsigbare kommunikasie middele

die mens se oor is ‘n opvangskottel

gedraai na die lug,

vang hoë frekwensie – intense nuus op

oor agteruitgang en vooruitgang

met oë soos visnet oopgerek

starend na virtuele beelde

vas gevang

in ʾn kollektiewe geheue

loop ons voete onwillekeurig op afdraaipaaie en ónpaaie

asof blind

verby Schoeman se ver paaie

haak ons

in die doringbosse vas.

 

(Margaret Cordier)

 

In die onderstaande gedig gebruik Phelelani Makhanya die metafoor van ‘n put as ‘n voorstelling van die menslike kondisie in ‘n onverskillige wêreld. Hierdie gedig spreek die uitdagings aan waarmee mense te kampe het in ‘n tyd van morele verval, kulturele wanorde en afnemende menslike waardes. Deur te sê dat “niemand kom nie” beklemtoon Makhanya die realiteit dat hulp en verlossing nie meer as vanselfsprekend aanvaar kan word nie: mense moet self ‘n pad na redding vind te midde van hulle omstandighede.

 

No one is coming

Don’t waste your breath.

Don’t call for help;

no one is coming

to rescue you from this pit.

 

Pay attention to the bulging rock

on the pit wall.

See it as a stepping stone

that can heave you up.

 

Grab the ruptured root

protruding through the pit wall.

Trust its strength

for a climber’s rope.

 

Observe layers of sediments.

Each one a different soil texture and color.

Each one an eternal stamp of its age.

Each one telling an ancient story

of a loner who who was always on his own..

 

Find a niche between the layers

of the sediments.

squeeze your toes between the layers

and stair your way up.

No one is coming for you.

What will rescue you from this pit,

is in this pit.

If they come, they will just gather around

the mouth of the pit

and throw emotions of hugs and hearts at you.

At a gladiator whose throat and ribcage

had the sharpness of a sword and dagger waiting –

they threw rose petals.

 

Die beskrywing van die “bulging rock,” die “ruptured root,” en die “sediment layers” simboliseer die klein, dikwels onvoorsiene hulpmiddels wat binne ons bereik lê, maar wat ons moet raaksien en gebruik om ons eie uitkoms te bewerkstellig. Die beeld van die lae sediment en hul unieke kleure en teksture dui daarop dat elke ervaring, hoe moeilik ook al, bydra tot ons reis en oorlewing. Die “loner” waarvan elke laag vertel, verwys na die eensaamheid van die individu wat altyd op homself aangewese was – ‘n metafoor vir die geïsoleerde menslike siel wat vasgevang is in ‘n wêreld waar ons geneig is om op onsself staat te maak.

Makhanya se idee van ‘n utopie is nie een van onrealistiese fantasieë nie, maar eerder ‘n erkenning dat die wêreld nooit perfek sal wees nie en dat mense hul eie weg moet vind. Die “rose petals” wat na die “gladiator” gewerp word, dui op die oppervlakkige, dikwels futiele maniere waarop die samelewing sy empatie betoon – emosionele simbole soos “hugs and hearts” – wat min waarde het in die aangesig van ware stryd. Dit verwys na die moderne kultuur van oppervlakkige steun wat dikwels in die digitale wêreld gevind word, waar mense simpatie toon sonder om werklike bystand te verleen.

Die gedig konfronteer die gewelddadige aard van die menslike stryd – “a gladiator whose throat and ribcage had the sharpness of a sword and dagger waiting” – en wys op die ironie en skynheiligheid van die samelewing se reaksies. Dit herinner ons daaraan dat elkeen verantwoordelik is vir sy eie redding en dat dit ‘n innerlike en intense reis vereis. In die afwesigheid van ‘n uitwendige verlosser of ‘n ideale utopie, lê die antwoord op ons oorlewing en groei binne ons eie wil en vermoë om aan te hou klim.

In tye van onrus word filosowe  dikwels die waarnemers en soms die slagoffers van hul eie filosofieë. Matthew Arnold (1822 – 1888) se “Dover Beach” gee stem aan ‘n verlore stabiliteit en geloof te midde van chaos:

 

The sea of faith

Was once, too, at the full, and round earth’s shore

Lay like the folds of a bright girdle furled.

But now I only hear

Its melancholy, long, withdrawing roar…”

 

Hierdie reëls weerspieël ‘n wêreld waarin tradisionele sekerhede verbrokkel.

In Notes from Underground deur Fjodor Dostojefski word die hoofkarakter se intense filosofiese introspeksie ʾn kommentaar op die vervreemding en lyding van die moderne mens. Dit bring ons by die rol wat lyding speel in die psige van die mens. Sal dit vernietigend wees of dalk die mens bewus maak van die dieper sin van die lewe en ʾn ewigheidsperspektief?

Daar is in die Letterkunde soms die waardevolle inkyk in die binnelandskap van die gefolterde. Die omsetting in die psige van die mens na ʾn veredelde wil, emosie en insig – dat alles ten goede meewerk wat in liefde toevertrou word.

Lyding bring soms ʾn nuwe dimensie van begrip en wysheid. In “The Brothers Karamazov” skryf Dostojefski die veredelende potensiaal van lyding:

 

Pain and suffering are always inevitable for a large intelligence and a deep heart. The really great men must, I think, have great sadness on earth …

 

Kahlil Gibran (1883 – 1931) onderskryf hierdie idee in “On Pain”:

 

Your pain is the breaking of the shell that encloses your understanding.

 

Hierdie beskouing van lyding as ‘n weg na verligting en karakterbou is sentraal tot godsdienstige en filosofiese denke.

Belangrik is ook die literêre bydrae van die neuroloog en psigoloog Victor Frankl (1905 – 1997) wat twee en dertig boeke geskryf het en tydens die Tweede Wêreldoorlog (1939 – 1945) drie jaar in Auschwitz deurgebring het. Sy boek Man’s search for meaning word ‘n gids vir oorlewing in ‘n ongenaakbare wêreld.

‘n Voorbeeld van ʾn goeie uitkoms rakende die mens se psigiese onderwerping aan lyding is ook dié van Dostojefski wie se lewe ten goede verander het na sy tyd in Siberië en die geweldige foltering wat hy moes verduur.

Dostojefski is ʾn voorbeeld van sinmaak uit die bloeddorstighede van sy lyding wanneer sy lewe gespaar word na herhaalde mislukte pogings voor ʾn vuurpeleton. Hy bevind hom vir vier jaar in ʾn Siberiese gevangenis, onderworpe aan gedwonge arbeid. Sy lyding word aan foltering oorgegee en hy omhels die genade van sy nuutwording en die veranderde mens wat hy eindelik is.

Sy ervaring in Siberië het hom geleer van vergifnis en innerlike vryheid, en in “Notes from Underground” deel hy insigte oor die betekenis van lyding en die waarde daarvan om in die teenwoordigheid van God te wees, selfs in moeilike omstandighede. Hierdie werk dien as ʾn selfondersoek en refleksie oor menslike waarde te midde van moeilike omstandighede. Ons kan onsself die vraag afvra – wat is die nut daarvan om beledigings te verduur, soos ‘n Marcus Aurelius?

Rudyard Kipling se “If –” inspireer ons om sterk en waardig te wees te midde van beledigings en uitdagings:

 

If you can keep your head when all about you

Are losing theirs and blaming it on you;

If you can trust yourself when all men doubt you,

But make allowance for their doubting too;

If you can wait and not be tired by waiting,

Or, being lied about, don’t deal in lies,

Or, being hated, don’t give way to hating,

And yet don’t look too good, nor talk too wise;

If you can dream—and not make dreams your master;

If you can think—and not make thoughts your aim;

If you can meet with triumph and disaster

And treat those two impostors just the same;

If you can bear to hear the truth you’ve spoken

Twisted by knaves to make a trap for fools,

Or watch the things you gave your life to broken,

And stoop and build ’em up with wornout tools;

If you can make one heap of all your winnings

And risk it on one turn of pitch-and-toss,

And lose, and start again at your beginnings

And never breathe a word about your loss;

If you can force your heart and nerve and sinew

To serve your turn long after they ⁸are gone,

And so hold on when there is nothing in you

Except the Will which says to them: “Hold on”;

If you can talk with crowds and keep your virtue,

Or walk with kings—nor lose the common touch;

If neither foes nor loving friends can hurt you;

If all men count with you, but none too much;

If you can fill the unforgiving minute

With sixty seconds’ worth of distance run—

Yours is the Earth and everything that’s in it,

And—which is more—you’ll be a Man, my son!

 

Ook hierdie gedig weerspieël Markus Aurelius (121 – 180) se filosofie in sy Meditasies, wat leer hoe om eervol en onbewoë te bly ten spyte van eksterne uitdagings.

Aurelius, lydend in die see van mense, was in sy storm uitgelewer aan die woeste rondruk van wrede winde. Hy trek die ankertoue stywer. Sy keuse om foltering te ontvang en te verdra word vir hom ʾn eer en hy vind so ondersteuning wat keer dat sy skip teen die rotse loop.

Ook op groot slagvelde, in huisgesinne, binne instellings en parlemente woed gevegte ten bloede. Alles word ingespan: korrupsie, leuens en bedrog. Beskikbare middele sowel as tegnologie, verdraaiings en vals inligting. Tog is daar dikwels by digters ‘n dieper insig en word daar verbygekyk na die positiewe:

 

ons baklei vir vrede

ons soen die onkunde

ons staan op ons reg

 

maar lê in onvermoë

teen die dood

en die dood van sélf

 

maar God

 

Margaret Cordier, 2023

 

Dit is ook so dat digters dikwels die rol van wagters op die mure vertolk.

Wagters, soos Leo Tolstoy (1828 – 1910), dien as morele rigtingwysers en waarsku ons oor die vernietigende effekte van oorlog. In sy meesterwerk War and Peace (1869), beskryf hy die chaos en sinloosheid van oorloë en gee ‘n sterk boodskap van pasifisme en die waarde van medelye.

In die verband dink mens dadelik aan “Letters and Papers from Prison” deur Dietrich Bonhoeffer (1906 – 1945). Hierdie godsman se moed om op te staan teen ‘n onderdrukkende regime toon die krag van geloof en dapperheid. Bonhoeffer was ʾn jong pastoor wat begin praat het oor die gruweldade van die Naziregime en het met sy lewe betaal op 9 April 1945. Hy was 39 jaar oud.

Die Westerse wêreld het volgens Aleksandr Solzhenitzyn (1918 ‐ 2008) arm geword aan dapper leiers, aldus ‘n toespraak by die universiteit van Harvard. Hy het onder andere bewusmaking gebring van die politieke onderdrukking van die Sowjetunie. Ook in ander wêreldlande word wrywing tussen wegbrekers en behoudendes ten opsigte van vooruitgang, tradisie, kultuur en geloofsgoedere in die politieke landskap weerspieël. Leiers en burgers gee toe as gevolg van vrees en intimidasie van ʾn populistiese siening.

 

Trou

O, ek hou van ʾn man wat sy man kan staan:

Ek hou van ʾn daad wat soos donder slaan;

ʾn oog wat nie wyk, wat ʾn bars kan kyk;

en ʾn wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

 

Jan F E Cilliers (1865 – 1940)

 

Die gedig onderskryf die beeld van standvastigheid en getrouheid aan oortuigings.

In 2006, in ‘n gesprek op Classic Radio, het ‘n visionêre spreker ʾn uitspraak gemaak oor sy vrese vir die toekoms. Hy het ʾn groter kernprobleem voorsien as grootskaalse oorloë, naamlik dat integriteit, eerlikheid en betroubaarheid die skaarsste kommoditeit gaan word in die nuwe wêreld. Die kiem van korrupsie, ʾn groter besmetting as Covid, is aan die toeneem in frekwensie en intensiteit – wêreldwyd. Dit bring ons by die konkrete landskap van ʾn nuwe wêreld met ʾn anonieme gedig oor ‘woke’-kultuur https://allpoetry.com/poems/about/woke

 

take power where you find it

and abuse it as you will

corral a police siren

make sure they shoot to kill

 

no boys on your lawn

no pigeons on the window sill

scream bloody murder

when questioned say nil

 

you feel threatened

by all the changes

crowded in the ez pass lane

mow marchers with your Range Rover

 

an awakened world is to blame

 

Aunt Jemima don’t make flapjacks

Uncle Ben left the kitchen cold

your manicured hands ruined

by washing your own drawers

 

Die kulturele landskap het in ʼn postmoderne wêreld verander in ʾn drukgang van hekwagters wat mense wil dwing in ʾn eenwêreld-beskouing vol byderwetse politieke korrektheid, uitermatige fokus op identiteitspolitiek en sosiale waardes wat gedryf word deur globale leiers.

Materialisme en kulturele verval is temas wat deur alle tye van die mensdom in die letterkunde beslag gekry het. Om maar ʼn paar reëls uit te sonder: Allen Ginsberg (1926 – 1997) skryf in “Howl”:

 

I saw the best minds of my generation destroyed by madness, starving hysterical naked,

dragging themselves through the negro streets at dawn looking for an angry fix,

angelheaded hipsters burning for the ancient heavenly connection to the starry dynamo in the machinery of night,

who poverty and tatters and hollow-eyed and high sat up smoking in the supernatural darkness of cold-water flats floating across the tops of cities contemplating jazz (…)

 

Korrupsie en bedrog vier ook in die 21ste eeu hoogty deur valse nuus en gemanipuleerde beeldmateriaal. Iets daarvan vind ons in André le Roux se gedig “vuil verskonings”:

 

jul nuwe hemel was ʼn ou aarde

julle sal die gedigte van vreemdelinge sien

en besef dis die gesigte in skaamtelose spieëls

diknekke en sensuurknolle met jul arm gatte in ryk botter

julle met die sanlam- en sasol- en naspersaandele

 

tot julle eie ontsteltenis wanneer die dood naderkom

smeek julle tot ʼn genadige god op video

terwyl julle oorval word deur siddering

en protesteer soos hanekraai

 

my hands are clean!

my hands are clean!

my hands are clean!

 

aan wie dra julle nou julle eie dood op

nadat jul seuns grensloos gesterf het

onder die vlerkgeklap van koeëls en vlieë?

die here weet

jul gebede van lank gelede was fake news

met witgepleisterde hande vol sunlightseep:

 

voetewas!

voetewas!

voetewas!

 

jul meewarigheid is vals

tot in die hart van die wond van stilte

al daardie waarhede

waarvan julle gewag gemaak het

wat julle met smettige lippe bely het

was snertskittery

wie was die liegers?

 

Sosiale kommunikasiestelsels stel mense in staat om oor die internet te kommunikeer. Met kunsmatige intelligensie kan enige kunswerk geskep word. Die gees van die kunstenaar is afwesig. Daaglikse tegnologiese vooruitgang maak die wêreld aan vingerpunte vas. Kunsmatige intelligensie wil namens skeppende denkers dink. Veral die jeug smag dikwels na radikale en dringende verandering, selfs revolusie.

Mellet Moll skryf in ʼn resensie van Silwerwit in die soontoe (Imke van Heerden en Anil Bas) oor rekenaargegenereerde gedigte:

 

Gegewe dat die huidige generasie KI-genereerders as taalmodelle bekend staan, was dit onafwendbaar dat daar ’n oomblik sou aanbreek wat die literêre wêreld met poësie wat deur KI gegenereer is, gekonfronteer sou word. Die lettere is immers die studie van tekste, en is aanduidend van hoe die menslike kondisie deur ’n spesifieke generasie in daardie tekste uitgebeeld word. Dit is dus noodsaaklik dat die diskoers rondom die hantering van KI-gegenereerde teks in die letterkunde uitspeel.

 

Die volgende gedig kom uit hierdie bundel en is ʼn gedig wat deur ʼn rekenaar gegenereer is:

 

Silwerwit in die soontoe

 

Geheimsinnige ideale

paadjie

digby die huis.

Silwerwit in die soontoe,

saggies soos ’n spokerigheid.

 

Ondanks soveel nuwe, voorheen ondenkbare moontlikhede, is daar nou ‘n groter toename in selfdood, depressie, dwelmmisbruik en mensehandel. Daar is inherente angs en vrees by die mens ten aanskoue van ’n veranderde wêreld. Dikwels is die interne landskap van die gees gehul in donker wolkemassas  – immer afwagtend op die deurbreek van ‘n helder lig. So word dit ook uitgebeeld in Edvard Munch (1863 – 1944) se skildery “The Scream”. Die skildery verteenwoordig die algemene beangstheid van die menslike kondisie. Munch se lewe was vol wrede ontberings wat hom tot stilstand gedwing het. Hy het bewus geword van die stil skree wat deur die landskap van die natuur weergalm.

Die sanger-digter Corrazerwas (in Tussenspel, 2022) is meer positief:

 

Vrees het vinnig na vrede oorgeslaan

noudat ek hier buite staan

en luister na die voëls wat fluit

“Ons almal voer dieselfde stryd.”

 

Ons stry teen seer en die verloop van tyd,

maar sweef op die strome van welwillendheid

en al ruk die winde waarteen ons woel

leef ons onverpoos vir die groter doel.

 

 Ook my eie gedig “Zeitgeist 9” handel oor hierdie gegewe:

 

betekenisvolle toevallighede

word teen metafisiese mure

opgehang

mense soekend na spirituele verklarings

soms angstig bang

na iets op ‘n hoër vlak –

grypend na openbarings

 

by heengaan van die helder Môrester

word nuutgebore uit die nebula

van sy gees

in die kweekhuis van die hart

sterre soos die sand van die see

wat rigting gee

 

Ek wil deur hierdie gedig die angs en hulpeloosheid vasvang wat dikwels deel is van die moderne mens se stryd om te bestaan. Die mens het ’n innerlike vakuum wat roep tot openbaarmaking van die skepping.

Die volgende Afrikaanse digters en hulle werk spreek dikwels temas van morele verval en sosiale verandering aan:

  1. Antjie Krog

Bundels: “Mede-wete” en “Kleur kom nooit alleen nie”

Tema: Krog se werk ondersoek dikwels sosiale spanning, identiteit en die verskuiwing van waardes.

  1. Marlene van Niekerk

Gedig: “Klein dooierus”

Tema: Van Niekerk verken die menslike kondisie, samelewing se veranderinge, en die afwesigheid van betekenis.

  1. Breyten Breytenbach

Digbundels: “Die windvanger” en “Papierblom”

Tema: Breytenbach se werk kan soms as ‘n kritiek op die samelewing se verlies aan dieper waardes gesien word.

  1. Ronelda S. Kamfer

Digbundel: “Noudat slapende honde”

Tema: Kamfer se werk is bekend vir die ontleding van sosiale en politieke kwessies, sowel as die komplekse morele landskap van Suid-Afrika.

  1. Nathan Trantraal

Gedigte: Werk uit bundels soos “Alles het niet kom wôd”

Tema: Trantraal ondersoek dikwels onderwerpe rondom kultuur, identiteit, en morele uitdagings.

  1. Gert Vlok Nel

Gedig: “Om te lewe is onnatuurlik”

Tema: Sy werk ondersoek dikwels eksistensiële kwessies en wat dit beteken om in ’n veranderende samelewing te leef.

  1. Loftus Marais

Gedigte: Uit die bundel “Staan in die algemeen nader aan vensters”

Tema: Marais bekyk die moderne wêreld met ’n ironiese lens, wat soms die morele landskap krities beskou.

Die “sout” van dapper leiers vorm ‘n neerslag wat ontgin kan word om weer smaak te gee aan kulturele morele waardes en norme. Daar is miljoene Christene regoor die wêreld waarvan sommiges vervolg word vir hulle geloof. Hulle vind vrede en inspirasie uit die voorbeeld van Jesus Christus se nederige en sagmoedige lewe. Hy word as held beskou vir sy lyding; triomferend oor die ewige dood en die krag van sy opstanding. Ook ander leiers soos Dietrich Bonhoeffer, Nelson Mandela, Martin Luther King Jr; Viktor Frankl en C.S Lewis het ‘n onmiskenbare bydrae gelewer wat betref die klem op kulturele en morele waardes. Hulle lewens en dade dien as ‘n blywende nalatenskap vir geregtigheid en menswaardigheid.

Hierdie geïntegreerde perspektief van poësie en literatuur kan insig verskaf met betrekking tot die menslike stryd en hoop op aarde en in die krag van sy gees.

 

Bronnelys

Arnold, M. New Poems. 1867

Aurelius, M. Meditations. Martin Hammond (vert.) Penguin Classics. 2006

Bonhoeffer, D. Letters and papers from prison. Princeton University Press, 2022

Breytenbach, B. Katalekte. Human & Rousseau, 2012

Cilliers, Jan F.E. Die vlakte en ander gedigte. 1908

Corrazerwas. Tussenspel. 2022

Dostojefski, F. Notes from Underground. The journal Epoch, 1864

Dostojefski, F. The brothers Karamazof. Vintage Publishing, Ongedateer.

Esterhuizen, L. Die afwesigheid van berge. Human & Rousseau, 2014

Frankl, V. Man’s search for meaning. Penguin Random House, 2008

Gibran, K. The Prophet. Knopf, 1923

Ginsberg, A. Howl and Other Poems. Pocet Poets, 1956

Hughes, L. Selected letters of Langston Hughes. Arnold Rampersad & David Roessel (Reds.) Knopf, 2015

Kilpling, R. Brother Square Toes. 1910

Le Roux, A. Liefde en verset. Human & Rousseau, 2024

Moll, M. Resensie: Silwerwit in die soontoe. https://etiennevanheerden.co.za/silwerwit-in-die-soontoe-review-on-versindaba/

Opperman, D.J. In: Die gewildste Afrikaanse gedigte. Human & Rousseau, 2012

Tolstoy, L. War and peace. Aylmer Maude & Louise Maude (vert.) Oxford University Press, 1998

Van Heerden, I. en Bas, A. Silwerwit in die soontoe. Naledi, 2023

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

1e kommentaar op “Margaret Cordier. Die mens se hunkering na Utopia in ‘n gebroke wêreld”

  1. Elize Swarr says:
    23 December 2024 at 22:49

    Pragtige werk omdat dit uit jou dieper-ek kom. Mag jy met die werk vele kreupels, blindes en soekendes; vanuit die gebroke wêreld waarin ons lewe na die ware Utopia kan lei.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d