ʼn Vredesverklaring
deur Kim Stafford, vertaal deur Ilse van Staden
Daar die wêreld ʼn brandende huis is,
daar die nasies oorloop van geraas,
daar hoop so klein lyk, soms
ʼn enkele voël op ʼn draad
deur migrasie agtergelaat.
Daar goedhartigheid selde in die nuus
en vrede ʼn abstraksie is
maar oorlog konkreet;
Daar woorde al is wat ek het
daar my lewe kort is
daar ek beangs is
daar ek vry is – ten spyte van alle
vuur en woede en vrees;
Laat ons daarom onderneem dat ʼn lied
my roeping sal wees – ʼn lied
nog ongeskrewe sal my roeping wees
en vreedsame woorde die werk
van my durende dae.
Oorspronklike gedig by:
‘n Knap vertaling. Die herhaling van ‘daar’ werk. Die refrein beklemtoon die on-moontlikheid. Toe hierdie digter op die toneel gekom het, was Charles Fryer gaande oor haar werk. Ook Petra Müller.
En deur die jare lees ek haar graag.
Dankie, Joan, ek waardeer dit.
Kom nou MARLIES.
Theo, wie is jy om my hier op my eie webwerf aan te tree! Die tempo waarteen ek plasings goedkeur (nadat ek my ander werk gedoen het) is nie jou saak nie. Indien jy nie konstruktiewe en sinvolle kommentaar kan lewer nie, bly asseblief hier weg. – Marlies Taljard
“Theo Painter” ek weet nou wie jy is. Forensiese Taalkunde en jou rekenaar het jou verraai.
En nou blok Marlies my, so Daniël, so much vir bespreking.
Theo, waarom maak jy nie sommer ook beswaar teen die “whereas” wat agt keer in die oorspronklike gedig herhaal word nie?
Want dit maak die gedig, Daniël.
Kyk na die konteks van my kommentaar en kyk na die vertaling. Ons lewer kommentaar oor die vertaling, ne. Die oorspronklike gedig is briljant.
Dink jy rerig dis ‘n goeie vertaling?
Probeer ‘terwyl’ en ‘omdat’ of ‘siende’. Die aanmekaar ‘daar’ is steurend. Hier en daar (!) kan die vertaling sterker gemaak word en meer ritmies. Die oorspronklike gedig is pragtig en treffend.
Ek hoor jou kommentaar. Ek is geen vertaler nie.
My oorspronklike poging het ‘terwyl’ gebruik, maar
ek het uiteindelik op ‘daar’ besluit.