Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
27 February 2025

Kim Stafford. ‘n Vredesverklaring (vert. deur Ilse van Staden)

 

ʼn Vredesverklaring

deur Kim Stafford, vertaal deur Ilse van Staden

 

Daar die wêreld ʼn brandende huis is,

daar die nasies oorloop van geraas,

daar hoop so klein lyk, soms

ʼn enkele voël op ʼn draad

deur migrasie agtergelaat.

 

Daar goedhartigheid selde in die nuus

en vrede ʼn abstraksie is

maar oorlog konkreet;

 

Daar woorde al is wat ek het

daar my lewe kort is

daar ek beangs is

daar ek vry is – ten spyte van alle

vuur en woede en vrees;

 

Laat ons daarom onderneem dat ʼn lied

my roeping sal wees – ʼn lied

nog ongeskrewe sal my roeping wees

en vreedsame woorde die werk

van my durende dae.

 

Oorspronklike gedig by:

https://worldliteraturetoday.org/2024/july/proclamation-peace-many-languages-kim-stafford-compiled-allison-defreese

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Digtersprofiel: Ilse van Staden
Ilse van Staden: Derdeplekwenner: Kyk hoe ver het ons gekom gedigtekompetisie →

11e gedagtes oor “Kim Stafford. ‘n Vredesverklaring (vert. deur Ilse van Staden)”

  1. Joan Hambidge says:
    5 March 2025 at 14:37

    ‘n Knap vertaling. Die herhaling van ‘daar’ werk. Die refrein beklemtoon die on-moontlikheid. Toe hierdie digter op die toneel gekom het, was Charles Fryer gaande oor haar werk. Ook Petra Müller.

    En deur die jare lees ek haar graag.

    Reply
    1. Ilse says:
      6 March 2025 at 02:07

      Dankie, Joan, ek waardeer dit.

      Reply
  2. Theo Painter says:
    5 March 2025 at 12:08

    Kom nou MARLIES.

    Reply
    1. Versindaba says:
      5 March 2025 at 13:11

      Theo, wie is jy om my hier op my eie webwerf aan te tree! Die tempo waarteen ek plasings goedkeur (nadat ek my ander werk gedoen het) is nie jou saak nie. Indien jy nie konstruktiewe en sinvolle kommentaar kan lewer nie, bly asseblief hier weg. – Marlies Taljard

      Reply
    2. Versindaba says:
      5 March 2025 at 20:40

      “Theo Painter” ek weet nou wie jy is. Forensiese Taalkunde en jou rekenaar het jou verraai.

      Reply
  3. Theo Painter says:
    5 March 2025 at 12:05

    En nou blok Marlies my, so Daniël, so much vir bespreking.

    Reply
  4. Daniel Hugo says:
    4 March 2025 at 14:14

    Theo, waarom maak jy nie sommer ook beswaar teen die “whereas” wat agt keer in die oorspronklike gedig herhaal word nie?

    Reply
    1. Theo Painter says:
      5 March 2025 at 11:04

      Want dit maak die gedig, Daniël.
      Kyk na die konteks van my kommentaar en kyk na die vertaling. Ons lewer kommentaar oor die vertaling, ne. Die oorspronklike gedig is briljant.

      Reply
    2. Theo Painter says:
      5 March 2025 at 11:09

      Dink jy rerig dis ‘n goeie vertaling?

      Reply
  5. Theo Painter says:
    4 March 2025 at 07:22

    Probeer ‘terwyl’ en ‘omdat’ of ‘siende’. Die aanmekaar ‘daar’ is steurend. Hier en daar (!) kan die vertaling sterker gemaak word en meer ritmies. Die oorspronklike gedig is pragtig en treffend.

    Reply
    1. Ilse says:
      6 March 2025 at 02:20

      Ek hoor jou kommentaar. Ek is geen vertaler nie.
      My oorspronklike poging het ‘terwyl’ gebruik, maar
      ek het uiteindelik op ‘daar’ besluit.

      Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Gerard Scharn. kinderkruistocht
  • Dylan Allen. Ma
  • Hendrik J. Botha. Vir Joan op sewentig.
  • Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)
  • Vers-en-klank: Joan Hambidge

Nuutste kommentaar

  1. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  2. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

  3. Marieta McGrath on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie31 August 2026

    Ek hou hiervan.

  4. Johan Coetzee on Joan Hambidge. Om die hemel te dekonstrueer30 August 2026

    Die hemel... of hel is opgedollie.

  5. DIETLOFF VAN DER BERG on Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge)28 August 2026

    Soekie, ja, ek stemsaam. Van 'Boondoks' tot 'Gelykenis' is daar net soveel wat mens tref en weer wil herlees.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d