Fietsryers
Gerard Sekoto: Cyclists in Sophiatown
Rugkante van fietsryers
vertrek soos voortekens
uit Sophiatown myne toe
vooroor tussen stuurstange
voete op pedale
knieë pomp
weg op straat in die more
Sophiatown in skyndood
terug kamers toe saans
op die are van paaie
– ’n hartslag
eendag stil gemaak
vlugtelinge vertrek
stadig doof ligte een vir een
my beurt jou beurt uit
die wedergeboorte
is ’n Triomf vir iemand
die fietsryers bly gatkant wys
© Anton Döckel 2025