DIE LAPPOP (Vir Joshlin)
Die lappop, Frans Claerhout
Vader Frans staar deur die venster,
gewaar ʼn donkie en ʼn kind.
Hy sê “daar loop ʼn skildery,
dis rooi en blou wat lyne kry.”
Hy vra “wat is ʼn skildery?”
dis bid en smeek wat lyne kry.
ʼn Esel blou of ʼn esel rooi
is tog al twee ewe mooi.
ʼn Ou man staan kranklik op,
sien ʼn sonneblom in die wind.
Die begrafnis van die lappop,
ʼn dronk madonna en haar kind.
In die verte hoor hy iemand sing
die donkie is ʼn wonderlike ding.
Hy is stukkend en gedaan
die blouoog lappop pink ʼn traan.
© Bruno F.A. Andries, 2025
