Koljander so deur die bos
Anja Botes se The road less travelled
Koljander, koljander
so deur die bos.
Iewers in die bos
is sy argeloos
alleen gelos.
Voor sy kon kies kon vra,
moet sy alléén haar laste dra.
Haar ma en pa
kook lekker kos.
Elders
verstik iemand
aan ʼn druiwetros.
Onder ʼn tuiskom-dak
eet sý
haar ma en pa se kos.
Die donker bos
word stuk-stuk afgekap.
Koljander, koljander
huppel sy, so ύίt die bos…
© Andrea Sieberhagen, 2025

