Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
2 October 2025

Dietloff van der Berg. Miskien

 

Miskien

 

Miskien ook sal dit waar word

dat ek niks hier op aarde kort

en al die angs en twyfel

uit my verwyder word

 

dan waarom sal ek bly beitel

en swoegend woorde skuur

deur al die donker dae en nagte

op hierdie marmerwit papier?

 

Miskien kan ek nooit trefseker

wat ateïste bombasties daaroor kerf

weerlê met wat ek beeldend sê nie

voordat ek tog ook eendag sterf

 

nogtans sal ek aanhou strewe

probeer om in liefde sin te kry

gedrewe om daardeur waarheid

van die infame leuen te skei

 

Laat tot in my laaste sinne

die wete wees ek het volgehou

al was dit nie perfek nie dit was

mistiek net aan die woord getrou.

 

© Dietloff van der Berg, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie

Nuutste bydraes

  • Miel Vanstreels. Weer eens
  • Marc Tritsmans. Snoek in het riet. Vert. Daniel Hugo
  • Miel Vanstreels. Nege-en-sewentig
  • Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo
  • Jeanne Henning Els. vroegsomer

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Vertaling: Marc Tritsmans “Hoe ik het wil zeggen”. Vert. Daniel Hugo14 October 2026

    Puik vertaling.

  2. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie vir jou saamlees en kommentaar Gert

  3. Anzé Bezuidenhout on Pierce van Tonder. my vuurvliegie-gedagtes12 October 2026

    Absoluut tasbaar en puik gedoen!!

  4. Anzé Bezuidenhout on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    Baie dankie Versindaba vir die plasing en blootstelling

  5. Gert van der Westhuizen on Anzé Bezuidenhout. Versteende onthou12 October 2026

    mooi beeldryk vol verwondering warmtes en koues gert

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d