Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
13 October 2025

Piet van Rooyen. Dis Lente

 

Dis Lente

 

Kom kyk! Kom kyk! Dis die lieflikste lenteweer

Al roep die termometer watse graad ook anders

Watter glans van Sondaggenot blink op alle gesigte

Ons kan begin om die skip se sye skoon  te skraap

“Gooi my maar in ‘n warm pot en druk die deksel toe

Maar hou die winter buite my deur!” sing ons stuurman van agter sy pyp

Trane van ys nog gestol in sy baard – die woeste baard van die ware seeman

Dampe twak-asem bol uit sy wange, pof-pof deur gebarste lippe

 

Ons almal begin sommer weer van vooraf moedskraap

Van hier af moet ons vir seker al vinniger dryf

Dae, maande – voel na jare – se gestolde verblyf in die ys

Al rondom-tollend soos ‘n beduiwelde kompasnaald

Sekerlik uiteindelik voorwaarlik nou ten einde

As ons weer moes vasvries is dit die Heer se wil

Hy rol sy dobbelsteen vir waar dit ook al val

 

Hierdie land van wind en mis

Sonder ‘n boom sonder ‘n bos

Niks buiten opgestapelde hompe ys

Wasgoed wat wapper aan die boegspriet

Geen vrede, vreugde of voldoening nie

G’n sig wat die oë werklik kan begryp nie

Net die ewige onbespeurde neiging noordwaarts

Altyd noord, noodwendig noord, sonder rus of omdraai

Elke wiggeling van barometer, chronograaf en sekstant

Die deurendeur gekorrel son-toe, na elke herkenbare ster

Die gryp na enigiets wat plasing, rigting en moed kan gee

 

Nou: Ahooi! Kap los die sleë uit hul stutte

Gord aan die harnasse van die honde

Koppel die stroppe presies waar hulle moet pas

Bekyk die horison vir die vlerkklap van die trekvoëls

Die kok maak vir ons die sterkste sop

Van lensies, paprika, uie en gevriesde rob

Terwyl elkeen op sy eie eentjie briewe platstryk

Tussen duime en vingers rol en van vooraf liefdevol bekyk

 

Die kaptein maak gereed om sy toespraak te maak

Ons weet al klaar woord vir woord wat dit sal wees

Die winter het voorwaar swaar op ons skouers gerus

Maar nou: Kom kyk! Kom kyk! – die lieflikste lenteweer!

 

 

© Piet van Rooyen, 2025

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Piet van Rooyen. Om met oorleg te dig

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d