STADBESIGTIGINGSTOER
Daar oorkant hurk die skoenpoetser
wat geen skoene meer nodig het nie;
want sy bene het verrot
in die Verre-Ooste, al lank gelede.
Dit is die rook van die skeepswerwe.
Hierdie kafee was vroeër heeltemal swart
van smouse en arm digters.
Verklikkers het daar soos muskiete gesit
en bloed gedrink uit klein koppies.
Hier kry jy sagte meisies
vir harde valuta.
Die plaveisel is oopgeruk.
Daar het destyds die tenks gestaan.
Daar het in die somer altyd
die Kaiser gaan rondry –
“Stadtwäldchenallee”, “Gorkij fasor” vandag.
Dit is die Sentrale Komitee se gebou.
Dit is die rook van die slagpale.
Hier is my vriend Sandór gebore,
voor die Tweede Wêreldoorlog,
in die benedeverdieping
waar dit dag en nag donker was.
Sien jy die rook?
Hierdie brug was heeltemal vernietig.
Hier drink die ryk digters tee
en skel suutjies,
en daar word die nuwe Hilton gebou.
Op hierdie lendelam parkbank
sit soms ʼn ou man
wat soms die waarheid praat.
Vandag is hy nie daar nie.
Maar die rook. Sien jy die rook,
die ou rook oor Boedapest?
****
STADTRUNDFAHRT
Da drüben kauert der Schuhputzer,
der keine Schuhe mehr braucht;
denn seine Beine sind verfault
im Fernen Osten vor langer Zeit.
Das ist der Rauch von den Werften.
Dieses Café war früher ganz schwarz
von Hausierern und armen Dichtern.
Spitzel wie Mücken saßen dort
und tranken aus kleinen Tassen Blut.
Hier gibt es weiche Mädchen
gegen harte Devisen.
Das Pflaster ist aufgerissen.
Dort standen damals die Panzer.
Da ist im Sommer immer
der Kaiser spazierengefahren –
Stadtwäldchenallee, heute Gorkij fasor.
Das ist das Zentralkomitee.
Das ist der Rauch von den Schlachthöfen.
Hier ist mein Freund Sandór geboren
vor dem Zweiten Weltkrieg,
in der Beletage,
wo es Tag und Nacht dunkel war.
Siehst du den Rauch?
Diese Brücke war ganz zerstört.
Hier trinken die reichen Dichter Tee
und schimpfen leise,
und dort wird das neue Hilton gebaut.
Auf dieser wackligen Parkbank
sitzt manchmal ein alter Mann,
der manchmal die Wahrheit sagt.
Heute ist er nicht da.
Aber der Rauch. Siehst du den Rauch,
den alten Rauch über Budapest?
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor Hans Magnus Enzensberger:
https://en.wikipedia.org/wiki/Hans_Magnus_Enzensberger
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
https://www.planetlyrik.de/eva/2017/04/
____________________________________________________________________________________________________________
UTOPIA
Die dag styg op met baie krag
slaan sy kloue deur die wolke.
Die melkman trommel op sy kanne
sonates: hemelwaarts styg die bruidegoms
op roltrappe: wild en daadkragtig
word swart en wit hoede geswaai.
Die bye staak. Deur die wolke
wawiel die sakebestuurders,
uit die dakvensters kwetter pouse.
Aangedaanheid heers en spot
en gejubel. Seilskepe
word uit balansstate gevou.
Die kanselier knikker met ʼn lieplapper
om die geheime fonds. Die liefde
word deur die polisie veroorloof,
uitgeroep word ʼn amnestie
vir die sprekers van die waarheid.
Die bakkers skenk broodjies
aan die musikante. Die smede
beslaan met Ysterkruise
die esels. Soos ʼn muitery
breek die geluk, soos ʼn leeu uit.
Die woekeraars, met appelbloeisels
en met radyse bestook,
versteen. Tot gruis geslaan
versier hulle die spuitfonteintjies en tuine.
Orals styg ballonne op,
die plesiervloot is onder stoom:
Klim op, julle melkmanne,
bruidegoms en lieplappers!
Maak los! met baie krag
styg op
die dag.
***
UTOPIA
Der Tag steigt auf mit großer Kraft
schlägt durch die Wolken seine Klauen.
Der Milchmann trommelt auf seinen Kannen
Sonaten: himmelan steigen die Bräutigame
auf Rolltreppen: wild mit großer Kraft
werden schwarze und weiße Hüte geschwenkt.
Die Bienen streiken. Durch die Wolken
radschlagen die Prokuristen,
aus den Dachluken zwitschern Päpste.
Ergriffenheit herrscht und Spott
und Jubel. Segelschiffe
werden aus Bilanzen gefaltet.
Der Kanzler schussert mit einem Strolch
um den Geheimfonds. Die Liebe
wird polizeilich gestattet,
ausgerufen wird eine Amnestie
für die Sager der Wahrheit.
Die Bäcker schenken Semmeln
den Musikanten. Die Schmiede
beschlagen mit Eisernen Kreuzen
die Esel. Wie eine Meuterei
bricht das Glück, wie ein Löwe aus.
Die Wucherer, mit Apfelblüten
und mit Radieschen beworfen,
versteinern. Zu Kies geschlagen
zieren sie Wasserspiele und Gärten.
Überall steigen Ballone auf,
die Lustflotte steht unter Dampf:
Steigt ein, ihr Milchmänner,
Bräutigame und Strolche!
Macht los! mit großer Kraft
steigt auf
der Tag.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
https://www.planetlyrik.de/gertrud-fussenegger-zu-hans-magnus-enzensbergers-gedicht-utopia/2021/09/
ʼn Toonsetting van die gedig:
____________________________________________________________________________________________________________
IN DIE LEESBOEK VAN DIE MATRIEKKLAS
Moenie odes lees nie, my seun, lees die treinroosters:
hulle is noukeuriger. Rol die seekaarte oop
voor dit te laat is. Wees waaksaam, moenie sing nie.
Die dag kom wanneer hulle weer lyste aan die poort
vasslaan en op die neebroers se bors
vurktande teken. Leer om onerkend te loop, leer meer as ek:
van buurt verander, van paspoort, van gesig.
Verstaan die kuns van die klein verraad,
die daaglikse smerige redding. Nuttig
is die ensiklieke vir die aansteek van vuur,
die manifeste: om botter toe te draai en sout
vir die weerloses. Woede en geduld is nodig
om in die longe van mag
die fyn, dodelike stof te blaas wat gemaal
is deur dié wat baie geleer het,
wat noukeurig is, deur jóú.
***
INS LESEBUCH DER OBERSTUFE
Lies keine Oden, mein Sohn, lies die Fahrpläne:
sie sind genauer. Roll die Seekarten auf,
eh es zu spät ist. Sei wachsam, sing nicht.
Der Tag kommt, wo sie wieder Listen ans Tor
schlagen und malen den Neinsagern auf die Brust
Zinken. Lern unerkannt gehen, lern mehr als ich:
das Viertel wechseln, den Paß, das Gesicht.
Versteh dich auf den kleinen Verrat,
die tägliche schmutzige Rettung. Nützlich
sind die Enzykliken zum Feueranzünden,
die Manifeste: Butter einzuwickeln und Salz
für die Wehrlosen. Wut und Geduld sind nötig,
in die Lungen der Macht zu blasen
den feinen tödlichen Staub, gemahlen
von denen, die viel gelernt haben,
die genau sind, von dir.
Vertaal deur Robert Schall
___________________________
Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):
Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Baie dankie, Joan. Jou gunstige oordeel is ‘n riem onder die hart, gesien die projek so ‘n yslike uitdaging was. Daar volg nog weeklikse aflewerings vir sowat twee maande voordat die honderdtal gedigvertalings bereik word.
‘n Ongelooflike digter wat goed vertaal, getransporteer word. Alles sluit aksenawel. Hierdie projek is werklik ‘n hoogtepunt vir hierdie leser.
My dank aan hierdie twee vertalers vir hul uitsonderlike werk.