Outback-aksie in Papoea-Nieu-Guinee
“Die laaste ware ontdekkingsgeleentheid op aarde.”
– Nicholas Evans (via Jana Luther, Netwerk24, 31 Okt. 2025).
soos ‘n rooikangaroe
notaboek-in-buidel
in die groenklimaat-geilte
het die indompel-linguis terstond ge-
wip
toe ‘n gepantserde kaak
hom eensklaps nader:
‘n klam klamp
vol tande
© Riaan le Roux, 2025
