Voorwaarts!
Die seile—slymvliesglim—bult bol:
waai wind, jaag my en my skif
na daardie rand waar die drake is.
Ek en my tuig sal daar lanseer,
ons seile tot vlerke horisonteer
en in geloof en hoop oor die aardsgrens duik
die diep, fluweeldonker ruimte in
waar geen aardsgravitasie ons beperk nie,
en geen goewerment of aardsreël inperk nie—
ons sal nie soos Lot-se-vrou terug loer
na die groenblou glans van die verlede nie;
’n voortrekker strek voorwaarts, voorwaarts!
Met die sterre sal ons navigeer
na die plek van profesie, wat se simboliek
uit droom en visioen soos goud gesif is.
Blaas wind, blaas my skif en ek oor die drumpel:
laat ons pyl-uit-boog, koeël-uit-loop sterverskiet
diep die onbekende asteragtige donker in—
voorwaarts! voorwaarts! voorwaarts!
© Sanko, 2025
