wanneer leef jy nie meer nie
is jou wil onderdanig
gee jy oor
leer jy om te wag
bly rustig te midde
van ʼn storm wat plunder
onder die verwagtinge
dood
wanneer al die bloed
uitbloei
soos ʼn kosjer lam
en jy
geoffer
gestroop van teësin
spys word
ʼn verteerbare
onderdaan
© Margaret Cordier, 2026
