Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
15 January 202615 January 2026

100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)

HET ONS GEWEET?

Het ons geweet wat die reidans aan die gang hou?
Dat liefhê eensamer maak,
Was skynbaar bewese. Elkeen het dit dig gehou,
Sy doring, tot die bloed ontydig
Deur die verbande geslaan het. Selde
Sou iemand ongedeerd bly. Eerder sou
Een pyn by die ander skuilgaan. Om verlate
Te wees was die grootste onheil,
Om niks te voel in die lente nie, asof geamputeer
Voor stukkende kermiswiele …
Hoe die wind ons boomtoppe toe gelig het,
Waaruit ons sou val,
Gelukkig, met ʼn lang-lang hemelkreet.

***

WUSSTEN WIR?

Wußten wir, was den Reigen in Gang hält?
Daß Lieben einsamer macht,
Schien erwiesen. Jeder behielt ihn für sich,
Seinen Dorn, bis zur Unzeit
Das Blut die Verbände durchschlug. Selten
Blieb jemand unverletzt. Eher kroch
Ein Schmerz beim anderen unter. Verlassen
Zu sein war das größte Übel,
Nichts zu fühlen im Frühling, wie amputiert
Vor defekten Riesenrädern …
Wie uns der Wind in die Baumkronen hob,
Aus denen wir fallen sollten,
Glücklich, mit einem langen Himmelsschrei.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor Durs Grünbein:

https://en.wikipedia.org/wiki/Durs_Gr%C3%BCnbein

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/reinhard-baumgart-zu-durs-gruenbeins-gedicht-wussten-wir/2017/12/

____________________________________________________________________________________________________________

OP DIE PLATTELAND 5

(Naby Aquincum)

Asof deur ʼn vlugtende setlaar se reiswa gepiets,
Op die Romeinse pad verskeur, lê die merel.

Ene wat altyd daar was, wat nooit iets skeel nie, die wind
Het ʼn swart seil gehys uit haar vlerke se vere.

Daaraan herken jy haar, van ver, die opsy geveegde
Het haar met elke horde se inval teen die aarde gevly.

Hetsy Dasiërs, Hunne, Mongoleperde of motorfietse –
Kywend het sy die aandag van haar nes afgelei.

Meer was nie te doen nie. Lyk of sy dadelik vrek was.
Dié vrot sangeres kon haar net dwars daar gaan neerlê.

Destyds in growwe keie se stof, vandag op nat teer.
Altyd was daar migrasie, meestal gevaar op die weë.

***

IN DER PROVINZ 5

(Bei Aquincum)

Wie vom Reisewagen gestreift eines fliehenden Siedlers
Lag auf der Römerstraße die tote Amsel, zerfetzt.

Einer, der immer dabei war, den nie was anging, der Wind
Hatte aus Flügelfedern ein schwarzes Segel gesetzt.

Daran erkanntest du sie, von fern, die beiseitegefegte,
Beim Einfall der Horde an die Erde geschmiegte Schwester.

Ob Daker und Hunnen, Mongolenpferde und Motorräder –
Schimpfend hatte sie abgelenkt von der Nähe der Nester.

Mehr war nicht drin. Sieht aus, als sei sie gleich hin gewesen.
Der miserablen Sängerin blieb nur sich querzulegen.

Damals im Staub grober Quader, heute auf nassem Asphalt.
Immer war Völkerwanderung, meistens Gefahr auf den Wegen.

Vertaal deur Robert Schall
___________________________

Oor die gedig (ʼn bespreking in Duits):

https://www.planetlyrik.de/manfred-fuhrmann-zu-durs-gruenbeins-gedicht-der-provinz-5/2017/06/

ʼn Voordrag van die gedig deur Grünbein self:

https://www.lyrikline.org/de/gedichte/der-provinz-5-73

Terug na Honderd van die bestes: Vertalings van ’n keur uit 20ste-eeuse Duitse gedigte

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

3e gedagtes oor “100 Duitse Bestes: Durs Grünbein (1962-)”

  1. Versindaba says:
    16 January 2026 at 09:04

    Van die kant van die Redaksie: Baie dankie Bernard Odendaal en Robert Schall dat Versindaba hierdie skitterende vertalings kon plaas. Dit was een van die gewildste en, volgens my mening, een van die beste reekse wat in al die jare op ons webblad verskyn het. Hierdie vertalings behoort as voorbeeld vir toekomstige en huidige vertalers te dien wat betref vertaaltegniek en die uiteindelike finale produk as onafhanklike kunswerk. Baie van ons lesers gaan hierdie weeklikse vreugde in die toekoms mis. – Marlies Taljard

    Reply
  2. Joan Hambidge says:
    15 January 2026 at 17:44

    Hierom dan dat George Steiner sy Poetry of thought aan hierdie manjifieke digter opgedra het.

    Ek (her)lees tans Steiner se The death of tragedy. ‘n Bakenteks.

    Reply
  3. Joan Hambidge says:
    15 January 2026 at 17:39

    Dank. Die gedig as smoelneuker. Goed vertaal.

    Reply

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • Elisma van Zyl. Tydloos
  • Paul Kloppers. hemelrog
  • ND Cronjé. navigasie
  • Digtersprofiel: Vincent Oliphant
  • ND Cronjé. wiskunde

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d