Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
1 June 2026

Jan A. Botha. Wat bly staan

 

Wat bly staan

afskeid aan San Francisco

 

Mevrou Coit skryf in haar laaste testament:

vat my fondse as ek vort is en pleeg iets moois

hier op my stad se perkament.

 

Nou staan hier ’n ronde opklimtoring

twee honderd drie-en-veertig trappe hoog.

Die heuwel saai haar sonderlinge van uit,

op elke toeristekaart omkring.

 

Die ondervloere kronkel in onthouverf:

die Nobel-fisikus met sy optiese apparaat,

die cowboy, die bankier,

’n inlê-fabriek, ’n ploegtoneel,

reaksies op die Groot Depressie —

’n stadslewe in eras verbeel-d.

 

Van bo sprei die stad in uitersheid:

high-tech advertensieborde krimp

tot pixels tussen bont fassades,

gesonpaneelde daktuine kyk

oor bestuurderlose karre uit;

hul krioel teen skuinse strate

verby verfentanielde ménse —

kromgetrek en ongeholpe staar

hul starre stare langs tente in die strate.

 

Die sentrum gloei as sand-bank,

die silika tot silikon gesuiwer,

of gesmelt tot weerkaatsing-skanse

aan bome van beton,

hoog en immergeldend.

 

Verder gly my groet-oog

al met die Baai-brug langs.

Na die eiland van Skatte,

drooggelê langs Yerba Buena,

tot die eiland van Engele

— daartussen dryf ’n tronkrots stroef.

 

Die Goue hangbrug strek magies mis-ver

na oorkant, waar John Muir

se reuswoud wolke krab.

 

Op ’n sonskyn dag soos dié,

terwyl ’n seuntjie op die skoolgrond

langs die toring ’n oomblik stil

staan en ’n snot bewonder…

 

wat ’n vreemde wete nié

dat hierdie stukkie aarde

seismies vroeër of later

sy skouers weer gaan ophaal

en soos ’n hond verbete

die stad van sy rug af probeer skud.

 

’n Vreesaanjaende rammel sal dit wees

van brande en ruïnes.

Soveel ontwrigtes, dalk ’n paar ontbrugtes,

pilare wat chopsticks in die water staan.

 

Dié vooruitsig speel hier permanent,

die grondtoon van ’n bestaansakkoord.

Daarna, soos tevore, sal hul seker wéér bou.

Iets stads hier, met ’n aardige temperament.

 

© Jan A. Botha, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d