Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
5 August 20265 August 2026

Wat lees jy? “The wildest beauty” (Michiel Heyns)

 

 

The wildest beauty. Michiel Heyns. Human & Rousseau, 2026.

 

Michiel Heyns se The wildest beauty is die aangrypende verhaal van ʼn broederlike liefde-jaloesie-verhouding. Die boek word as historiese fiksie bemark, maar die soeke na identiteit speel ook ʼn groot rol en as sulks sou mens dit dus ook as Bildungsroman kan lees.

Dit is die verhaal van die tweelingbroers, Danny en Charlie Marais wat in die vroeë twintigste eeu in ʼn landelike Stellenbosch grootword. Danny is die eerstepersoonsverteller wie se verhaal met enkele onderbrekings (soos dagboekinskrywings van Charlie se vriend Andrew Sinclair) die fokus van die vertelling uitmaak. Hy is die stil, teruggetrokke seun, terwyl Charlie die flambojante, begaafde lid van die tweeling is. Danny se hele lewe en innerlike ontwikkeling draai om Charlie: Enersyds die trots op sy broer, maar andersyds (toenemend) brandende jaloesie en magtelose woede. Van sy kant raak Charlie al hoe meer koud en afsydig teenoor Danny wie se innerlike konflik hy aanvoel en wie se konstante teenwoordigheid hy as skending van sy privaatheid beskou.

Wanneer Charlie na sy matriekjaar besluit om by die Groot Oorlog (WOI) aan te sluit, dwing dit Danny om na geweldige innerlike konflik en teen sy beterwete ook te registreer. Hy volg sy broer op ʼn afstand. As offisier is Charlie nie vir die gewone troep, Danny, toeganklik nie, al is hulle albei deel van die Skotse Highlanders.

ʼn Besoek aan ʼn verlangse tante in Edinburgh lei tot ʼn verpletterende onthulling wat Danny se lewe onomkeerbaar verander en hom dwing om sy identiteit te herbesoek en te herverbeel. Kort daarna word die hele peloton na die Wesfront ontplooi.

Dit is opvallend dat die skrywer homself daarvan weerhou om uitgebreid oor die oorlog en gepaardgaande wreedhede te berig. Daarom is die beskrywing van die Slag van Delvillebos des te meer onthutsend. Eers wanneer vriende rondom Danny sneuwel en hy self die dood telkens ontwyk, word soldate mense en verval die kloof tussen range. Die laaste oomblikke tussen Danny en sy vriend Meerkat lei tot die volgende ontboeseming van die siniese Meerkat wanneer hulle praat oor hulle makker Henley se dood:

“I didn’t know it would knock me off my perch like this. Fuck it, Boetie, I don’t cry, as a matter of principal, but perhaps that’s all we can give to each other, our tears, once the bastards have taken the blood of the ones we love.”

Waarop Danny antwoord: “… in this war to love somebody is to risk losing him.”

En Meerkat: “Fuck you, Boetie. In the end all we’ll have left is what we’ve lost.”

Soos dit uit hierdie gesprek mag blyk, is ʼn nuwe, verruimende verstaan van die begrip “liefde” een van die vernaamste temas wat in die roman uitgebou word. Wat is die aard van liefde tussen oorlogskamerade, tussen mans, tussen die twee geslagte en tussen ménse?

Uiteindelik is dit ook in hierdie helse nag dat daar nuwe begrip, hartlikheid en warmte kom tussen Charlie en Danny, wanneer Andrew Sinclair Charlie op ʼn selfmoordmissie stuur. Die boek eindig te midde van verwoede gevegte waarin die geweervuur van die Duitse kant enkele minute stol terwyl ʼn blinde soldaat sy gewonde makker oor die slagveld dra.

Soos ons Heyns uit sy vroeër werk leer ken het, is hy ‘n meester van die woord en van die vertelkuns. Vir my lê die grootste verdienste van hierdie roman in die understatement wat gevegsituasies betref en die sensitiewe beligting van karakters se emosionele gesteldhede. Die skrywer vermy die versoeking om by die afgryslike of abjekte situasies van die Oorlog stil te staan soos derduisende skrywers voor hom. Hy fokus eerder op emosionele groei van die hoofkarakter en sy kamerade: die argetipiese konfrontasie met die Anima en die Donker ten einde tot individuasie of groter begrip van die Self kom. Hierdie selfontdekkingsproses begin vir Danny reeds in die donker strate van Londen nadat sy tante hom uit Edinburgh verjaag het en hy die siniese, oorloggeteisterde offisier Toby ontmoet by wie hy kortliks liefde en toenadering vind te midde van grootskaalse vernietiging.

Die titel van die roman is ontleen aan ʼn frase uit ʼn gedig van Wilfred Owen waarmee ek afsluit. Die gedig werp ook lig op die vernaamste temas in Heyns se The wildest beauty.

 

Strange Meeting (Wilfred Owen)

 

It seemed that out of battle I escaped

Down some profound dull tunnel, long since scooped

Through granites which titanic wars had groined.

 

Yet also there encumbered sleepers groaned,

Too fast in thought or death to be bestirred.

Then, as I probed them, one sprang up, and stared

With piteous recognition in fixed eyes,

Lifting distressful hands, as if to bless.

And by his smile, I knew that sullen hall,—

By his dead smile I knew we stood in Hell.

 

With a thousand fears that vision’s face was grained;

Yet no blood reached there from the upper ground,

And no guns thumped, or down the flues made moan.

“Strange friend,” I said, “here is no cause to mourn.”

“None,” said that other, “save the undone years,

The hopelessness. Whatever hope is yours,

Was my life also; I went hunting wild

After the wildest beauty in the world,

Which lies not calm in eyes, or braided hair,

But mocks the steady running of the hour,

And if it grieves, grieves richlier than here.

For by my glee might many men have laughed,

And of my weeping something had been left,

Which must die now. I mean the truth untold,

The pity of war, the pity war distilled.

Now men will go content with what we spoiled.

Or, discontent, boil bloody, and be spilled.

They will be swift with swiftness of the tigress.

None will break ranks, though nations trek from progress.

Courage was mine, and I had mystery;

Wisdom was mine, and I had mastery:

To miss the march of this retreating world

Into vain citadels that are not walled.

Then, when much blood had clogged their chariot-wheels,

I would go up and wash them from sweet wells,

Even with truths that lie too deep for taint.

I would have poured my spirit without stint

But not through wounds; not on the cess of war.

Foreheads of men have bled where no wounds were.

 

“I am the enemy you killed, my friend.

I knew you in this dark: for so you frowned

Yesterday through me as you jabbed and killed.

I parried; but my hands were loath and cold.

Let us sleep now. . . .”

 

 

– Marlies Taljard

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Margaret Cordier. Gestroop
  • Willem de Swyger. bokwagter

Nuutste bydraes

  • ND Cronjé. wiskunde
  • Driekie Grobler. skoffeer
  • Digtersprofiel: Pieter Odendaal
  • Yves T’Sjoen. “’n pêrel stilte”
  • Joan Hambidge. Cussons en “Die knetterende woord”

Nuutste kommentaar

  1. Versindaba on Gunther Pakendorf. hoe dooier hoe mooier16 September 2026

    Dankie Gunther. So op Breyten se verjaarsdag (Pampoendag). - Marlies Taljard

  2. Annora Eksteen on Gerrit Theron. Die vuurhoutjie11 September 2026

    Net so. Ek kan nie sonner my voorraad vuur houtjies nie. Kerse en gasstofie en die Kaap is heerlik Frans…

  3. Annora Eksteen on Vers-en-klank: Joan Hambidge11 September 2026

    Bai geluk professor Joan! Lank leef! ♥

  4. Bernard Odendaal on Resensie: “Van man tot man” (Olive Schreiner, versorg & verwerk deur JM Coetzee, vert. deur Antjie Krog)10 September 2026

    Jy het my nou nog nuuskieriger gemaak. Dankie, Marlies!

  5. Yves T'Sjoen on Joan Hambidge. Sheila Cussons en Dominique Botha: Die ander waarheid8 September 2026

    Bijzonder interessant, Joan. Er valt een boeiende literatuurgeschiedenis te schrijven op basis van dergelijke literaire correspondenties of consonanties. Dat betekent…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • onderhoude
  • Onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d