Siekebesoek
Ek het my oudste
broer besoek, hy het
ongevraagd vertel
van alles waaroor hy
berou het, en
dit is baie,
dis die eerste keer
dat hy die skuld
nie by iemand anders
lê nie,
wat het hulle méér
as bloed en vog
uit sy kop
gehaal
© Miel Vanstreels, 2026
