Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
20 August 2026

Johann Lodewyk Marais. Inflasie

 

Inflasie

 1969

               

Een keer elke maand sit ek en my pa

by Vorster & Joubert vir ’n haarsny

en luister na die gesprekke om ons.

 

Dié Saterdag vertel Hendrik Vorster,

die haarkapper en dorp se balju,

van sy dogter, Cecilia, se vraag vroeër.

 

“Pa,” wou sy weet, “ek hoor op die radio

van inflasie, maar vertel asseblief

vir my wat hierdie woord beteken.”

 

Ek sit op die groot barbierstoel van leer

terwyl sproeireën saggies oor my sif

en die haarknipper deur my hare flits;

 

en hoor die verbluffende antwoord:

“My kind, inflasie is gevaarliker

as oorlog – die ergste wat kán gebeur.”

 

Ek luister penorent en word yskoud

wanneer Hendrik sê: “Vandag het jy geld,

maar môre is daar niks, niks van oor nie.”

 

Vir Jannie Rossouw

 

© Johann Lodewyk Marais, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Johann Lodewyk Marais. Swartoogtiptol
Resensie: “In memoriam, Johann de Lange” (Johann Lodewyk Marais en Joan Hambidge) →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. visum
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. Spartacus-dahlia
  • Loftus Marais. Veksilologie
  • Bernard Odendaal. Kaapse draai
  • Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)
  • Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)

Nuutste kommentaar

  1. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)22 October 2026

    Ek verwelkom kritiese lees, en ek is dankbaar vir die gedigte wat Marlies Taljard as juweeltjies uitgelig het. Die resensie…

  2. FRANCO COLIN on Loftus Marais. Veksilologie22 October 2026

    Merkwaardige beeld wat maar net weer die "show-don't-tell" beginsel by uitnemendheid bevestig.

  3. Jacobus Swart on Resensie: Om ’n Melkweg te skep (Erwin Rode)22 October 2026

    Welsprekende digter; welsprekende resensent.

  4. Fer on Andrea Sieberhagen. Sterrewag22 October 2026

    'n Treffende huldeblyk aan NP.

  5. Margaret Cordier-Biermann on Resensie: “Spiraal” (Margaret Cordier-Biermann)21 October 2026

    Baie dankie aan Marlies Taljard vir haar noukeurige lees van Spiraal. Ek is dankbaar vir die gedigte wat sy as…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d